Vandag voel ek klein
want ek sien 'n geliefde kwyn
weg die fors en trots
sy, 'n lewensrots
Dit het só
skielik gebeur
gedagtes
weggeskeur
wat
sou sy dink
wanneer
die wanhoop wink
Wanneer
sy in die verte staar
wonder
jy of sy iets gewaar
want
sy lyk só weerloos
en
jy voel totaal magteloos
Haar
liggaam afgetakel
so
baie wat haar kwel
nou
net vel en been
waar
is haar vreugde heen
Die
ouderdom besig om te wen
amper
verby die lewens-wedren
hoe
sterk is haar lewenslus
is
dit amper uitgeblus
Soms
nog 'n sprankie hoop
deur
'n stille glimlag verkoop
vertroue
sy word gespaar
deur
nog 'n lewensjaar
In
jou eie hart
voel
jy al haar smart
want
jy het self 'n ouer geword
wat
weet wanneer iets skort
En
vanaand wanneer jy bid
dink
jy aan haar wat in 'n hopie sit
plaas
jy in God al jou hoop
terwyl
'n stille traan oor jou wang loop