In die dale lê die mis,
soos 'n kombers van die natuur...
tog weet ons gewis,
dit is deur God gestuur.
Die sons-opkoms kondig aan,
die breek van 'n nuwe dag...
dit is God se wentelbaan,
ons kan dit môre weer verwag.
Betyds is die reën,
om die aarde te voed...
deel van God se seën,
terwyl die stormweer woed.
Sag val die nag,
en kondig rustyd aan...
arbeid kan tot môre wag,
die mensdom moet verstaan.
Die sterre in die lug,
verseël die heelal se prag...
selfs die donker swig,
onder die natuur se krag...
In die verte lê die maan,
en loer snags vir ons...
voltooi die wentelbaan,
terwyl naggeluide gons.
Selfs die klam oggend dou,
wat die nuwe dag inwag...
het vir my en jou,
nuwe verwagtinge in pag!
Tuesday, May 4, 2010
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Awesome...love gedigte oor natuur..dit maak dat mens iewers in die veld wil gaan kamp&die vars lug insamen:-)
ReplyDeleteUitsonderlike beskrywings gebruik
ReplyDelete