Vannaand voel ek weer alleen,
al is ek lank nie meer een...
Ek stap langs die strand,
en voel op die lewensrand...
Die gedruis van die branders,
laat my wonder hoekom is dit nie anders...
Onder my voete die sand,
my hart aan die brand...
Die son alreeds onder,
wat my laat wonder...
Die geruis van die wind,
laat voel my weer soos 'n kind...
'n Skulp onder my voet,
herinneringe so soet...
Water wat oor my spoel,
laat my onthou hoe ek voel...
Sterre in die lug,
liefdes-klug...
Daar breek nog 'n brander,
alles moet nou verander...
Die nag se klank,
ek sukkel nou te lank...
Die maan skyn op die water,
ek beslis nie 'n hater...
Die natuur rondom my,
hier wil ek vir altyd bly!
Saturday, March 27, 2010
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
This comment has been removed by the author.
ReplyDeleteThis comment has been removed by the author.
ReplyDeleteweer 'n "blank" :-)
ReplyDeletehopenlik volgende keer reg...
ReplyDeleteDigters-hart
ReplyDeleteWat lê verskuil in die digters-hart?
Dalk 'n leidraad in elke reël...
Blote idees of uiting van smart?
Word die wroeging dalk te veel?
Slapelose nagte met gedagtes wat maal
soete rus deur onrustigheid verhoed
Na elke woord uit die hart gehaal
kom daar stilte in die storm wat woed
Of dalk is dit net
woord vir woord vir pret
Wat lê verskuil in die digters-hart?
Buiten digter, net Een wat waarlik weet.
Sonja,
ReplyDeleteGedig 14 is my reaksie op jou gedig!