Tuesday, March 23, 2010

Gedig 4 - Wanhoop

Haar gesiggie bly my by,
die mooi kind wat ly...
Sy sit daar in haar stoel,
eers stil en dan begin sy woel...
Van die kerkgangers kyk al om,
sy sê niks, want sy is stom
Dan begin sy te kerm,
haar moeder se hand nou ferm...
Die geluide maak nie sin,
maar kans op stilte is nou min...
Die wag is te lank,
nou is dit net die klank...
'n Hulpgeroep soos min,
het nou eers begin...
Die genesing bediener hoor,
maar hy roep haar nie na voor...
Sy rituele vat te lank,
en dit oorskadu die klank...
'n Hulpgeroep verniet,
vir 'n gesin in verdriet...
Hulle moes toe maar vertrek,
geen gebed het hemelwaarts gestrek!

2 comments:

  1. Dankie Laura,
    Die voorval wat hierdie gedig geinspireer het, het my nagte laat wakker lê. Dit was my eerste gedig. En toe ek begin, kon ek nie weer ophou nie!

    ReplyDelete