Wednesday, April 28, 2010

Gedig 53 - Aan jou verbind

Kan jy dit sien,
die liefde van 'n hond?
al het jy dit nie verdien,
hardloop sy om jou rond.

Kom jy by die hek,
sit sy vir jou en wag...
op haar eie plek,
geduldig die hele dag.

Opgewondenheid neem nou oor,
want die wag is verby...
sy blaf nou dat jy kan hoor,
dat sy haar in jou koms verbly.

Jou hart word nou sag,
as jy sien hoe sy tol...
en jy voel om te lag,
terwyl sy rond hol.

Haar dag is nou volmaak,
want jy is nou hier...
sy kan aan jou raak,
en jou tuiskoms vier.

Vir jou is sy soos 'n kind,
wat jy vas kan hou...
deur liefde verbind,
aan jou toevertrou.

Sy sal selfs verstaan,
wanneer sy jou stilte sien...
en jy haar vermaan,
wanneer sy eintlik liefde verdien.

In haar korte lewensduur,
is sy aan jou verbind...
want Hy het haar vir jou gestuur,
sodat jy vrede kan vind!

Tuesday, April 27, 2010

Gedig 52 Hemelse rykdom

Sy sit langs die pad,
probeer vrugte verkoop...
haar gesig sê sy is sat,
terwyl sweetdruppels oor haar gesig loop.

Ek ry eers verby,
maar draai dan om...
want ek sien haar ly,
en voel verstom.

Haar liggaam is verweer,
rooi gebrand in die son...
in haar oë sien ek die seer,
ek sou haar wou help as ek kon.

Sy begin babbel,
vertel dat sy vir haar pa verkoop...
sy moet alles verkwansel,
voordat sy huistoe mag loop.

Sy is nog maar 'n kind,
wat haar langs die pad afsloof...
staan hier selfs al waai die wind,
maar steeds is sy besig om haar pa te loof.

Dan kom die besef,
dat ek eintlik baie het...
nou moet ek my oë na Hom ophef,
en ophou om my te verset.

Ek het nog nooit honger gaan slaap,
al het ek nie in oorvloed...
hoef ek nie te raap en skraap,
want Hy was nog altyd vir my goed.

Was ek dalk ryk,
en miskien vol hoogmoed...
sonder toegang tot Sy koningkryk,
net omring deur my aardse goed.

Had ek eintlik niks,
net leë beloftes...
was ek dalk slinks,
en een van die armstes.

Vandag wil ek Hom bedank,
dat Hy my weer help sien...
vir Sy stem se klank,
wat ek kan hoor - sonder dat ek dit verdien.

Met my oog op Hemelse rykdom,
wil ek ophou om my te kwel...
wanneer Hy weer op die wolke kom,
volg Sy nuwe ewige bestel!

Sunday, April 25, 2010

Gedig 51 - 'n Skouer

Vanaand soek ek 'n skouer,
waarop ek kan huil...
al is ek nou veel ouer,
voel dit of my mond wil pruil.

Ek voel soos 'n kind,
met 'n hartjie so klein...
wat vrede wil vind,
sodat daar lig uit my oë kan skyn.

Miskien is ek sommer laf,
en sal mense vir my lag...
of dink ek praat sommer kaf,
en sien my as een groot klag.

Ek luister na musiek,
om te hoor wat dit my bied...
verknog my aan elke liriek,
soek sin in elke lied.

Dan voel ek 'n traan,
wat op my ooglid huiwer...
wat nie stil wil staan,
miskien om my gemoed te suiwer.

Dalk is ek soos 'n meisie,
wat my hart laat roer
en deur elke wysie,
my gemoed laat volvoer.

Eintlik voel my gemoed net vol,
en my gedagtes word weggevoer...
want die lewe eis sy tol,
terwyl my beperkinge my beloer.

Hoop jy luister,
na wat ek probeer sê...
en al klink alles nou duister,
jy my woorde in jou gedagtes vaslê!



 

Saturday, April 24, 2010

Gedig 50 - My wêreld

Vandag voel ek klein,
in my eie wêreld omhein...
Alles daar buite voel te groot,
asof ek nie daarin hoort.

Miskien sal mense wonder,
hoekom ek my afsonder...
Nou kan hulle maar weet,
wat my binneste so vreet.

Ek staan verstar,
en voel soos 'n nar...
Die glimlag op my gesig,
behoort hulle te ontstig.

My hart is aan die huil,
my gedagtes vervuil...
Want dit wat my pla,
moet ek in my binneste dra.

Min mense sal verstaan,
wat in my wêreld aangaan...
Want baie staar hul blind,
 is aan 'n groter wêreld verbind.

Laat die wat ore het hoor,
wat dra ek nou voor...
Ek had nou genoeg,
die wêreld maak my moeg.

Dit voel soos 'n dolle gejaag,
om mense te behaag...
My blydskap reeds weg,
ek is almal se kneg.

Daarom wil ek my onttrek,
van dit wat die vrees opwek...
Na my eie domein,
'n wêreld baie klein!

Friday, April 23, 2010

Gedig 49 - Vriendskap

Geluk word gevind,
in vriendskappe wat bind...
Met iemand wat jy kan vertel,
wat jou so kwel.

Iemand wat verstaan,
wat in jou binneste aangaan...
Wat jou gedagtes lees,
en deel daarvan wil wees.

Wat in jou oë kan sien,
wanneer jy troos verdien...
Sonder dat jy iets sê,
weet wat in jou gedagtes lê.

Wat saam met jou lag,
die hele dag...
Jou geluk wil deel,
met jou hartsnare speel.

Wat saam met jou huil,
en gedagtes verruil...
Ten volle van jou bewus,
weet hoekom jy hartseer is.

'n Weg gebaan,
om mekaar te vermaan...
Soms stil te bly,
om vrede te verkry.

Boodskappe deel,
wat nooit sal verveel...
Vir 'n antwoord wag,
wat jou hart versag.

Al is julle nie bymekaar,
'n band ervaar...
Dit wat julle deel,
kan niemand steel.

Tuesday, April 20, 2010

Gedig 48 - Vasgevang

Vanaand moet ek erken,
verlang ek na mense wat ek nie eens ken...
Die dae word net te lank,
ek ervaar net stank vir dank.

Dit voel of ek wil versmoor,
my siel word vermoor...
Ek word leeg getap,
en voel heeltemal pap.

Ek is net een mens,
deur my eie beperkinge begrens...
Alles nou te veel,
niks kan my meer skeel.

Wanneer is genoeg dan genoeg,
hoekom moet ek so swoeg?
Hoekom haal alles my dan in,
en maak niks meer sin?

Ek is op moedverloor se vlakte,
my hart voel soos een groot klagte...
Ek voel om nou te vlug,
uit hierdie lewens klug.

Die skip is besig om te sink,
ek gaan binnekort verdrink...
maar niemand sien dit raak,
almal besig met hulle eie saak.

Ek dink ek het verdwaal,
in die lewens-gemaal...
deur dryfsand omring,
wat my tot my einde bring.

Die lewens-verkeer,
is besig om my vas te keer...
Alles staan nou stil,
terwyl ek tyd verspil.

In 'n doolhof vasgevang,
my hart is bang...
Die eindpunt buite sig,
waar eindig my plig.

Iets sal nou moet gebeur,
ek is reeds in stukke geskeur...
Ek het beslis nie krag,
vir nog 'n dag!

IEMAND HELP TOG!!!

Monday, April 19, 2010

Gedig 47 - Sy Almag

Vandag kyk ek op in die lug,
en dink aan die arend se vlug...
Magtig tussen die voëls is hy,
terwyl hy daagliks hul aansien verkry.

Die uitspansel so groot,
stel die mensdom só bloot...
Ons is eintlik so klein,
dat dit voel of ons in die niet verdwyn.

Die wolke pak saam,
só asof hulle dit wil beaam...
'n kombers oor alles wil trek,
dat ons kan sien tot waar die heelal strek.

Die melkweg word bespied,
só asof dit antwoorde kan bied...
sodat hulle alles uit kan werk,
en die heelal kan beperk.

Dan soek hulle antwoorde in die verlede,
wat lig kan werp op die hede...
waar kom die mensdom vandaan,
dit wil hulle nou verstaan.

Die toekoms word voorspel,
geleerdes wil dit vertel...
asof hulle alles weet,
en môre in detail kan ontleed.

Nou is die vraag,
of hulle God sal behaag...
deur vir Hom te vertel,
en selfs die toekoms uit te spel.

Dit moet hulle vir seker weet,
Hy laat Sy almag nie meet...
en het lankal besluit,
hoe draai alles uit.

Die heelal is in Sy hand,
soos 'n paar korrels sand...
strooi Hy dit in die wind,
sal niemand dit ooit weer vind!

Sunday, April 18, 2010

Gedig 46 - 'n Plaas

Was jy al op 'n plaas,
weg van die stad se geraas?
Waar jy maar stil kan raak,
want niks anders maak dan saak?

Sien jy die hen,
wat jou hart met haar kuikens wen?
Wat rondskrop en vir hulle wys,
hoe hulle moet soek vir spys?

Wat van die vette vark,
wat wag vir sy rit na die mark?
Wat in die modder rol,
onbewus van sy lewens tol.

Sien jy skape vol wol,
wat in gelid na die kosbakke hol?
Eersdaags word hulle geskeer,
dan staan hulle sonder wol in wind en weer.

Dan is daar die perd,
so baie werd...
Want jy kan op hom ry,
en kyk hoe die ander diere wei.

Wat van die gans,
wat met sy wiggel-lyfie dans?
Netnou sal hy jou jaag,
as jy hom nie behaag.

Sien jy die koei,
wat daar staan en loei?
Haar oë skoon verwelk,
wanneer word sy dan gemelk?

Daar is nog baie meer,
waarby ons kan leer...
op 'n plaas te sien,
wat vermelding verdien.

Maar nou wil ek vir jou sê,
ons kan op ons aangesig lê...
Want deur Sy almag,
ontluik die plaas se prag.

Hy het dit vir ons gegee,
sê ek half verleë...
Dat ons as mens - gering,
ons hulde aan Hom kan bring.

Dat ons kan verstaan,
waar kom alles vandaan...
En ons oog op Hom kan rig,
sodat Hy ons lewenspad verlig!

Saturday, April 17, 2010

Gedig 45 - Mense-val

Is die mens nie maar soos 'n muis,
wat knus sit in sy huis?
Elke dag moet hy sy huis verlaat,
ook sy lewensmaat.

'n Nuwe dag van harde werk,
wat selfs sy tyd beperk...
om kos vir sy gesin te verkry,
en 'n lewensweg te berei.

In 'n beton-oerwoud verdwyn,
tot die son nie meer skyn...
sweet wat oor sy aangesig rol,
tot hy voel om weg te hol.

Vanaand deur die lewens gevaar,
tot by sy huis waar hy kan bedaar...
'n Maaltyd vir sy gesin,
al is dit ook hoe min!

Môre nog 'n dag,
nie weet wat wag...
dalk 'n val vir hom gestel,
waarvan niemand hom gaan vertel.

Wanneer hy die val betree,
onskuldig op sy mense-weë
en dit hom platslaan teen die vloer,
terwyl die val-meester hom beloer.

Vasgevang in die lewens-draaikolk,
wat die son bedek soos 'n donker wolk...
Soms 'n val só sterk,
dat hy hom nie daaruit los kan werk.

Wanneer hy hom onverpoosd vry wil maak,
tot hy besef dit is eintlik 'n onbegonne taak...
Dan met sy oog op die Opperwese,
bevryding verkry - ook van sy menslike vrese!

Gedig 44 - My hart

My hart is somtyds stil,
voel dan amper kil...
wanneer dinge my pla,
wat ek nie kan verdra.

My hart voel soms alleen,
en wonder dan waarheen...
selfs al is ek tussen mense,
met my eie bedekte wense.

My hart is somtyds bang,
wanneer angs my bevang...
die eise waarmee ek moet deel,
raak soms vir my te veel.

My hart is somtyds sag,
wanneer ek blydskap verwag...
dan sal jy my hoor lag,
die hele dag.

My hart is somtyds leeg,
wanneer alles só swaar weeg...
dan voel dit sommer hol,
soos 'n senuwee bol.

My hart voel somtyds swaar
wanneer ek dit gewaar...
mense só alleen,
met 'n gebrek aan aardse seën.

My hart voel somtyds groot,
by die ontvangs van 'n goeie woord...
dan kom weer die besef,
ek verdien geen ophef.

My hart voel somtyds skaam,
wanneer iemand dit beaam...
ons wat eintlik niks verdien,
word daagliks deur Hom voorsien.

My hart klop somtyds vinnig,
by die besef hier innig...
ons is maar net mens,
deur die ouderdom begrens.

Maar vandag is my hart só bly,
want jy is 'n vriend vir my...
wat by my sal staan,
deur elke weg gebaan!

Thursday, April 15, 2010

Gedig 43 - Liefde

Liefde is soos 'n rivierstroom,
langs 'n ou wilgerboom...
soms is dit stil,
soms het dit sy eie wil.

Liefde vertroos,
al is 'n hart hoe broos...
dit triomfeer oor kwaad,
en is eintlik die beste raad.

Liefde is soos die son,
wat elke dag weer skyn...
dit het die vermoë,
om te skyn uit sagte oë.

Liefde is soos sagte reën,
wat só seën...
wanneer dit oor jou loop,
breek dit skanse oop.

Liefde is soos 'n vuur,
wat vir jou lê en tuur...
die hitte daarvan lê en broei,
voor jy weet sal dit jou hart verskroei.

Liefde is soos 'n sagte wind,
wat oor jou waai...
dit sal jou nie verwaai,
of jou ooit verraai.

Liefde word soms uitgetart,
deur 'n stukkende hart...
maar dit sal oorwin,
want dit omvat lewens-sin!

Wednesday, April 14, 2010

Gedig 42 - Digters-profeet

Soms voel ek soos 'n profeet,
dit moet julle nou weet...
Al dink party dit is onsin,
maak dit in my hart wel sin.

Terwyl ek die donkerwolk voorspel,
is dit besig om op te wel...
Soms dink mense ek is siek,
met my woorde-mosaiek.

Vrede op die horison,
verdwyn saam met die son...
My hart was amper sag,
toe volg die volgende aanklag.

'n Kitaar met net een snaar,
dieselfde klanke word ervaar...
Niks het verander,
een dag net soos die ander.

Hoe moes ek nou weet,
weer wag dieselfde leed?
Ek kon dit eintlik voorspel,
en in woorde stel.

My gedagtes kom vanself,
sonder dat ek daarvoor delf...
Want ek is soos 'n digters-profeet,
wat vooruit van dinge weet!

Gedig 41 - Seer

Hoekom maak dit só seer,
wanneer 'n mens jou teen die aanslae probeer verweer?
Kom dit van die een wat naaste aan jou behoort te wees,
wat jou eintlik moet bystaan in siel en gees?
As mens 'n persoon vertrou,
sál dit jou hart later knou?
Hoe lank moet jy dit in jou binneste dra,
geen vrae daaroor vra?
Is dit beter om eerder stil te bly,
om geen teenstand te verkry?
Hou jy die horison dop,
kom 'n nuwe donderwolk op?
Moet jy 'n deurmat wees,
vergeet van jou gekrenkte gees?
Die oopgekrapte wond,
wanneer word dit weer gesond?
Is jy bereid om te wag,
vir nog 'n slag?
Hoekom is die mens se kennis só beperk,
dat ons nie alles self uit kan werk?
* * *
Ons vra die vrae,
want ons staan soms verslae...
Die aanslae van elke dag,
dreineer ons krag...
Ons grootste vriend,
benadeel ons soms onverdiend...
Ons het hom vertrou,
maar nou het hy verbrou...
teenstand maak só seer,
laat ons hart verweer...
Maar ons moet tog weet,
en ons verbintenis meet...
Die donkerwolk kom aangestorm,
maar word tog deur die son ontvorm...
Eerder deur Sy krag omgord,
as om vertrap te word...
As die sweersel uit 'n wond vloei,
sal dit weldra begin bloei...
Hoe skoner die wond,
hoe gouer gesond...
Op Hom moet ons wag,
vir nuwe krag...
Die antwoorde is voorwaar,
in Sy Woord bewaar...
Elke vers deur Hom berei,
sodat ons betyds die antwoorde kan verkry!

Saturday, April 10, 2010

Gedig 40 - Verroeste mens

Verwese staan hy daar,
reeds baie oud sowaar...
Verroes van buite,
dof die vensterruite...
Bekleedsel reeds verweer,
matte ook geskeur...
Nou staan hy in wind en weer,
niemand gebruik hom meer...
In 'n skrootwerf wag,
vir sy laaste dag...
Is dit nie ook maar soos 'n mens,
deur die ouderdom begrens?
Plooie en stukkende rowe,
dowwe glans in die oë...
Ingewande werk nie meer so goed,
reeds stukkend en dikwels bebloed...
Sit en wag in 'n aftreeoord,
geen besoek of goeie woord...
Deur familie verlaat,
niemand om mee te praat...
Met hierdie slegte voorkoms,
is dood die enigste uitkoms...
Eintlik die bedekte wens,
van elke verroeste mens!

Friday, April 9, 2010

Gedig 39 - Lig versus duisternis

Ek sit hier in my veldstoel alleen,
met die nag-geluide om my heen...
Die vuur knetter nou en dan,
terwyl die lig daarvan om my span...
Die koue wat die wintersnag bring,
word deur die hitte van die vuur verdring...
Skadus wat "lewe" in die vuur se lig,
beweeg verby my gesig...
Sterre flikker daar hoog,
om teen die donkerte te betoog...
Ek sit hier en dink,
en voel hoe my gedagtes wink...
Lig word deur duisternis beperk,
asof dit daarteen werk...
Het jy al die lig gesien,
of voel jy dat jy die donkerte verdien?
Meer helder as die vuur se lig,
sal die Meester se genade jou verlig...
Veel warmer as die vlam van 'n vuur,
die heenkome waarna 'n ongeredde tuur...
Die grens tussen lig en duisternis is só klein,
maak daarom seker jou hart is rein!

Gedig 38 - Troue

(Opgedra aan William en Nadia )
Wanneer twee mense trou,
staan die gaste in 'n tou...
Om hulle geluk toe te wens,
en voorspoed sonder grens...
Deur hulle liefdesband,
is hulle nou aan mekaar verpand...
Hulle is vir mekaar bedoel,
dit kon hulle lankal voel...
Nou gaan hulle samesyn begin,
deur dik en dun...
Probleme sal daar wees,
maar nou is hulle een in gees...
Teëspoed in die lewens-draaikolk,
sal nou verdwyn in hul liefdeswolk...
William en Nadia kry vandag hulle wens,
uit hul liefde word hulle een mens!

Thursday, April 8, 2010

Gedig 37 - Die vensters van my siel

Die stormweer loei daar buite,
tot teen my kamerruite...
Ek sit hier binne knus,
beswaarlik daarvan bewus...
Dit voel soos my eie lewensstorm,
is dit maar die norm?
Kyk jy deur my siel se vensters,
sal jy sien my binneste is maar vlenters...
Ek probeer vir jou sê,
wat in my binneste lê...
Want jy behoort te weet,
hoe om dit te meet...
Dis nie dat ek vir jou vra,
om my laste te dra...
Ek wil net hê jy moet verstaan,
wat hierbinne aangaan...
Begryp jy my digters-taal,
kan jy dinge uit my binneste haal...
Dit lê oop om te lees,
As jy deel daarvan wil wees...
Hoop nie ek sê te veel,
maar ek wou dit net met jou deel!

Wednesday, April 7, 2010

Gedig 36 - My woorde

My woorde,
is soos musiek akkoorde...
Soos 'n harp se strelende klank,
maar dit leef voort vir baie lank...
Dit ontbloot die kamers van my hart,
gedagtes wat my so tart...
In elke refrein,
soos 'n lig wat skyn...
Is daar verskuil,
dit wat my siel laat huil...
Vind jy iemand wat dit verstaan,
is dit soos 'n weg gebaan...
Dan sal dit maklik wees,
selfs om tussen die lyne te lees...
Ek wil jou graag nooi,
om my gedagtes to ontplooi...
Ek sê baie dankie,
vir elke klankie...
Wat my laat weet,
ek het iets beet...
My woorde is nie te koop,
want dit lê hier oop...
Vir elkeen wat wil lees,
om daarvan deel te wees!

Gedig 35 - Vraagtekens

Wonder jy ook soms,
oor die sons-opkoms?
Kyk jy na die sterre in die lug,
en wens jy kan daarheen vlug?
Probeer jy soms verstaan,
oor die aarde se wentelbaan?
Staan jy soms verstom,
wanneer die donker kom?
Hoe gou is 'n dag verby,
het jy ook gely?
Laat die gejaagdheid van die lewe,
jou ook somtyds bewe?
Die astrandheid van die mensdom,
laat dit jou kil en verstom?
Die onredelikheid van die "slim"mens,
laat dit jou op jou tande kners en jou lippe saampers?
Suig die mallemoes van gebeure in die dag,
jou leeg tot jy wakker lê - heel nag?
Is jy ook dikwels siek en sat,
en lus om die pad te vat?
Nie lus vir nog 'n dag,
is jy sonder krag?
Nogtans wag,
en wag?
Alleen?
Nuwe begin,
maak dit nou sin?
Mense - engele sang,
het dit jou vasgevang?
Diep in jou hart inbeweeg,
voel jy daarsonder heeltemal leeg?
Is jy nou gereed vir 'n nuwe dimensie,
wat sonder ophou kan groei soos hierdie versie?
Staan jy skielik stil,
soek Sy wil?
Wag jy,
???

Gedig 34 - Net een

Branders wat spoel,
water so koel...
In die see se mond,
swem die visse rond...
Diepe waters,
ongerepte kraters...
Strome wat trek,
onbeperk...
Vissersboot wat sink,
mense verdrink...
Gesinne langs die waters,
nou die see se haters...
Nou so alleen,
besig om te ween...
Só het die see oor my gespoel,
ek kan die koelte in my hart voel...
gespoel tot in my diepste wese,
deur die kraters van my bedekte vrese...
My eie boot voel asof dit wil sink,
ek is op die punt om te verdrink...
en roep uit na iemand wat kan hoor,
stel iets aan my voor...
my siel wil ween,
ek benodig 'n wonderwerk - NET EEN!

Tuesday, April 6, 2010

Gedig 33 - Onseker

Nog 'n nuwe dag,
einde van hierdie nag...
Herinneringe van dit wat was,
klou aan my gedagtes vas...
Gedagtes sonder sin,
hoe om dit te herwin...
Ek voel só verlore,
sonder die engele kore...
Dan net die wete,
miskien is dit vergete...
Wat moet ek doen,
om my te versoen?
Ou lewe terug,
soos 'n boemelaar onder 'n brug...
onder my papier-kombers verarm,
geen vuur wat my verwarm...
Geen plesier in die dag,
net gedagtes in die nag...
Nou moet ek maar net wag,
en kyk wat het Hy vir my in pag!

Gedig 32 - Roetine

Roetine nou oral,
maak my mal...
Waar jy gaan,
kom dit agter jou aan...
Eet 'n bordjie pap,
drink 'n glasie sap...
Oggend verkeer,
weer 'n keer...
Antwoord die foon,
dieselfde persoon...
Bedelaar sit en wag,
elke dag...
Tortelduif wat koer,
sit vir jou en loer...
Brood, melk en kaas,
anders kry jy raas...
Daagliks swoeg,
lewensmoeg...
Vroeg gegaap,
nou gaan slaap...
Nog 'n dag,
déjà vu - wag!

Monday, April 5, 2010

Gedig 31 - Mossie

Mossie kyk rond,
soek kos in die grond...
As geringste beskou,
net 'n voëltjie wat klou..
'n lewe te kort,
om te weet wat skort...
Tog het die Meester,
met hom begeester...
Beskryf in die Bybel se refrein,
al is hy so klein...
As ek myself ontleed,
sal ek miskien nou weet...
Dalk het die mossie 'n beter kans,
om hom teen Sy oordeel te verskans!

Gedig 30 - Geraamtes

Geraamtes in die kas,
hou 'n lewe vas...
As almal moet weet,
van al die leed...
Gebring oor homself,
te diep gedelf...
Wêreld se plesier,
het hom aangevuur...
Nou is hy skaam,
want hy dra dit saam...
Wat moet hy doen,
om weer te versoen...
Lê dit voor Hom,
wat weer op die wolke kom...
Hy het reeds betaal,
om die geraamtes uit te haal...
Al wat hy moet doen,
is om met Hom te versoen...
Dan word sy sondes weggewas,
en het hy weer 'n leë kas!

Gedig 29 - Wêreld se bril

Deur die wêreld se bril,
lyk alles só kil...
Die misdaad wat styg,
laat almal na hul asems hyg...
Die begrip van inflasie,
bring vrees vir elke nasie...
Almal se kommer,
maak die prentjie somber...
Soos die mense praat,
is daar geen raat...
Aardbewings kom,
mensdom verstom...
Alles verby,
wêreld wat ly...
Die Hemelse "oogarts" het nou,
'n nuwe bril vir jou...
Aan die kruishout het hy,
vir jou nuwe sig verkry...
As jy Hom vra,
sal Hy al jou sorge dra...
Deur jou nuwe bril,
sig van Sy volmaakte wil!

Gedig 28 - Skatkis

Diep in die see se maag,
lê 'n skeepswrak onder 'n sandlaag...
Soos 'n statkis van die natuur,
lê dit vir die mens en tuur...
Sal ons só diep die see invaar,
al weet ons dit is daar?
Of is ons te bang,
dat die gediertes ons gaan vang?
Uitdagings lê vir ons en wag,
soos die donkerte van die nag...
Soms is ons te bang,
dat voorspoed ons gaan vang...
Dit is tog Sy wil,
dat ons geen tyd verspil...
Soms kan ons aan dit raak,
maar dan wil ons te veel waak...
Die tyd is nou,
om te sien wat die nuwe dag inhou...
Die son begin te skyn,
om te verseker dat ons hoop nie kwyn...
Breek vandag die statkis oop,
voordat God se guns uitloop!

Gedig 27 - Reën

Sag val die reën,
begin van God se seën...
Tortelduif sit stil,
en aanskou Sy wil...
Terwyl ek deur die venster tuur,
geniet ek hierdie uur...
Alles lyk so groen,
teken van God se seisoen...
Rustigheid daal neer,
Sy almag word vereer...
Vir maande was dit droog,
het ons laat wonder wat Hy beoog...
Het ons die toets geslaag,
en Hom steeds behaag?
of het ons vergeet,
dat hy alles weet?
En Hom gehoon,
soos Petrus verloën...
Met die wete dat Hy vergeef,
kan ons in vrede leef...
Heer sal u my vandag seën,
met U vredes-reën?

Sunday, April 4, 2010

Gedig 26 - Gedagtes

Woorde in 'n mengelmoes,
wat my gedagtes verwoes...
Ek probeer dit keer,
dan kom dit weer...
Aanhou skryf,
om dit uit te dryf...
Al wat ek weet,
ek kan dit nie vergeet...
Middernag-uur,
lê vir my en tuur...
nou sit ek hier,
vir 'n uur of vier...
Liedere in my kop,
laat my hart wild klop...
Soos 'n muis in 'n val,
is ek deur woorde oorval...
Wat staan my te doen,
ek betree 'n nuwe seisoen...
Onseker na waar,
my booitjie gaan vaar...
Eintlik maak dit nie saak,
solank Hy oor my waak...
Ek benodig Sy krag,
vir my nuwe dag!

Gedig 25 - Kruispad

Ek sit hier in die kerk,
gereed vir God se werk...
Die diens het reeds begin,
niks maak nou meer sin...
Alles voel nou so dood,
selfs die voorsang tot die laaste noot...
Soos 'n vissersboot teen die rand,
vasgeval in die sand...
Is dit my Getsemane waarin ek my bevind?
die beklemming wat my hart sό bind...
Selfs die rituele raak nou meer,
die voorbeeld wat hulle by ander leer...
Soos 'n begrafnis voel dit nou,
niks wat my op kan bou...
Dan dink ek terug aan 'n paar dae gelede,
wens dit was die hede...
Drie geesvervulde vroue se sang,
het my hart vasgevang...
Liedere bly my by,
wat my gedagtes lei...
Die skille het van my oë afgeval,
my gedagtes maak my mal...
Dan die besef wat my nie verstom,
ek het by 'n kruispad gekom!

Gedig 24 - Nuwe dag

Nuwe dag,
oggend-prag...
God se almag,
ingewag...
onbekend,
waarheen wend...
wind wat waai,
nuwe blaai...
oor begin,
met nuwe sin...
hoekom wag,
vir nog 'n dag...
nuwe weg,
vir my net reg...
nou verpand,
in God se hand...
Volle strewe,
na nuwe lewe!

Gedig 23 - Een brander

Een brander,
het alles verander...
Toe dit oor my spoel,
het ek dit dadelik gevoel...
Die besef in my gees,
hier wil ek graag wees...
Noudat ek weet,
kan ek nie vergeet...
Dit bly in my gedagtes,
Alles wat in my hart is...
Nou het ek ondervind,
dit wat mense saambind...
Hulle opregtheid,
kom uit die hart uit...
Die see se gety verander elke dag,
maar my hart se stem sê sag...
Daardie een brander,
het jou vir altyd verander!

Saturday, April 3, 2010

Gedig 22 - Pixi

In haar mandjie sit sy daar,
terwyl sy almal aanstaar...
Sy is sό mooi,
met die gesiggie wat so plooi...
Sό lief vir haar mens-ma is sy,
dat sy saam met haar wou ly...
In haar 'moeder' se grootste nood,
is sy toe amper dood...
Tog is daar op Hom vertrou,
op 'n wonderwerk vir nou...
Nog nie heeltemal gesond,
maar sy loop reeds rond...
Sy is al soveel beter,
nou is ons verseker...
Ons kan vra vir die Heer,
net wat ons hart begeer...
En binne Sy wil,
sal ons geen traan verspil...
Pixi is haar woefie,
sy nie meer bedroef nie...
'n Les wil Hy nou leer,
vir elkeen wat Hom vereer...
Soos Pixi vir haar wou ly,
het Hy vir ons gely!

Gedig 21 - Veilige plek

Elkeen het 'n veilige plek,
miskien omdat dit vrede wek...
Soms is 'n mens bang,
in die wêreld se werklikheid vasgevang...
Dan kruip 'n mens weg,
en hoop alles kom vanself reg...
Soos 'n larwe in 'n kokon,
nie meer iemand se pion...
Soos 'n spinnekop in sy gat,
probleme maak my siek en sat...
Dan laat dit my weer dink,
Hy het die lydensbeker gedrink...
En het nooit bedoel,
dat ons sό moet voel...
Met Hom aan ons kant,
nie meer op die afgrond se rand...
Met sy kruisdood het Hy,
vir ons elkeen 'n veilige plek berei!

Friday, April 2, 2010

Gedig 20 - Leeg

My hart voel nou leeg,
wat kan só swaar weeg...
Miskien is dit omdat ek kon sien,
hoe ander Hom dien...
Hul gesigte spreek van geluk,
wat my tot diep in die hart ruk...
Ek moet bely,
dat ek dit ook wil verkry...
Hulle sing só mooi,
maar is beslis nie die prooi...
Nederig sal hul bly,
al sou hulle lof verkry...
Wens ek kon soos hulle sing,
Om Hom lof te bring...
Ek voel nogtans só bly,
dat ek 'n kykie kon kry...
My oë het oop gegaan,
nou is ek skoon aangedaan...
Sukses lê vir hulle voor,
want hulle sing soos 'n hemelkoor...
Krone het hulle verdien,
vir wanneer hulle Hom weer sien...
My hart nou nie meer só leeg,
as ek Sy genade oorweeg!

Gedig 19 - Herdenking

Almal het gekom,
met hul oog op Hom...
Mense wat musiek speel en sing,
om Hom lof te bring...
Sang soos engelekore,
van mense nie meer verlore...
Die kruisiging van Jesus word herdenk,
wat 'n groot geskenk...
Samesyn van 'n nederige groep,
wat in eerbied Sy naam aanroep...
Die tyd van samesyn só gou verby,
wens Hy was hier aan ons sy...
Die optrede het almal behaag,
môre weer die dolle gejaag...
Daar is darem troos,
vir harte só broos...
Jesus het aan die kruis gesterf,
en vir ons vergifnes verwerf...
En wanneer Hy op die wolke kom,
Neem Hy almal wat glo saam met hom!

Gedig 18 - Dobbelaar

Lank verlore was hy,
deur die wêreld verlei...
Gedink hy het dit oorwin,
tot hy maar weer begin...
Weereens ingekatrol,
deur die balletjie wat rol...
Gaan sit by die tafel,
waar hy nou uitrafel...
Die wiel se omwenteling,
kan vinnige rykdom bring...
Kans vir ophou is nou min,
want die rande rol dan in...
Selfs al begin hy verloor,
word hy nog steeds bekoor...
Die opwinding raak meer,
al verloor hy weer...
Voordat hy hom kan kry,
is hy by omdraai verby...
Sy geld is nou op,
nou wil hy homself weer skop...
Wat gaan hy nou doen,
om hom met sy gesin te versoen...
Hulle sal weer vir hom wag,
selfs al verdwyn hy soos 'n dief in die nag...
Jare is verby,
geen bevryding verkry...
Sy lewe baie swaar,
hoe sal hy homself bewaar...
'n Verslaafde se weg,
is vir homself net sleg...
Uiteindelik het hy hom laat verban,
nou kan sy gesin ontspan...
Dobbelaar vir altyd,
daarom benodig hy wysheid...
As hy weer betrokke raak,
sal hy weer die lyding smaak!

Gedig 17 - Chantelle

Op 'n naam is daar reeds besluit,
baie lank vooruit...
Al was sy nie beplan,
was sy die band om ons liefde gespan...
Verwagting in die vierde maand,
toe daardie vreeslike aand...
Bloeding was die teken,
van afgryse nie gereken...
Die gesiggie van haar,
sien ek nou daar...
Sy is reeds dood,
uit die moederskoot...
Liefde vir haar het reeds gegroei,
Nou net die hartseer wat broei...
Jare later steeds die gemis,
van 'n liefdeskind gewis...
Nou kan ek dit vertel,
Haar naam was Chantelle!

Gedig 16 - Kind

'n Bondeltjie plesier,
het Hy vir ons gestuur...
Hy het gekom,
om ons te verstom...
Al is hy só klein,
sal ons liefde nie kwyn...
Na 'n lang gewag,
is hy by ons dag vir dag...
Ons sal hom vertroos,
die eerste van ons kroos...
Aan ons sorg vir hom,
sal daar nooit 'n einde kom...
Maar dit maak nie saak,
hy het ons harte aangeraak...
Hy is ons kind,
wat ons ewig saambind!