Sunday, April 25, 2010

Gedig 51 - 'n Skouer

Vanaand soek ek 'n skouer,
waarop ek kan huil...
al is ek nou veel ouer,
voel dit of my mond wil pruil.

Ek voel soos 'n kind,
met 'n hartjie so klein...
wat vrede wil vind,
sodat daar lig uit my oë kan skyn.

Miskien is ek sommer laf,
en sal mense vir my lag...
of dink ek praat sommer kaf,
en sien my as een groot klag.

Ek luister na musiek,
om te hoor wat dit my bied...
verknog my aan elke liriek,
soek sin in elke lied.

Dan voel ek 'n traan,
wat op my ooglid huiwer...
wat nie stil wil staan,
miskien om my gemoed te suiwer.

Dalk is ek soos 'n meisie,
wat my hart laat roer
en deur elke wysie,
my gemoed laat volvoer.

Eintlik voel my gemoed net vol,
en my gedagtes word weggevoer...
want die lewe eis sy tol,
terwyl my beperkinge my beloer.

Hoop jy luister,
na wat ek probeer sê...
en al klink alles nou duister,
jy my woorde in jou gedagtes vaslê!



 

2 comments:

  1. Hi Oom, dankie dat Oom, Oom se hart met ons deel...beteken baie.Ek sien Oom het die rym "styl" verander..dit werk baie goed. Ek het self die naweek bieki geblog..paar fotos van Sarajevo opgesit ens.Geniet d dag!L xx

    ReplyDelete
  2. Dankie Laura,

    Ja, ek wil nie te voorspelbaar en banaal(soos Paula van 7 de laan sal sê) wees nie. :-)

    ReplyDelete