Tuesday, April 20, 2010

Gedig 48 - Vasgevang

Vanaand moet ek erken,
verlang ek na mense wat ek nie eens ken...
Die dae word net te lank,
ek ervaar net stank vir dank.

Dit voel of ek wil versmoor,
my siel word vermoor...
Ek word leeg getap,
en voel heeltemal pap.

Ek is net een mens,
deur my eie beperkinge begrens...
Alles nou te veel,
niks kan my meer skeel.

Wanneer is genoeg dan genoeg,
hoekom moet ek so swoeg?
Hoekom haal alles my dan in,
en maak niks meer sin?

Ek is op moedverloor se vlakte,
my hart voel soos een groot klagte...
Ek voel om nou te vlug,
uit hierdie lewens klug.

Die skip is besig om te sink,
ek gaan binnekort verdrink...
maar niemand sien dit raak,
almal besig met hulle eie saak.

Ek dink ek het verdwaal,
in die lewens-gemaal...
deur dryfsand omring,
wat my tot my einde bring.

Die lewens-verkeer,
is besig om my vas te keer...
Alles staan nou stil,
terwyl ek tyd verspil.

In 'n doolhof vasgevang,
my hart is bang...
Die eindpunt buite sig,
waar eindig my plig.

Iets sal nou moet gebeur,
ek is reeds in stukke geskeur...
Ek het beslis nie krag,
vir nog 'n dag!

IEMAND HELP TOG!!!

2 comments:

  1. Ja..die lewe het regtig soms 'n manier om 'n mens plat te slaan, maar dankie vir die Here wat ons weer optel, versterk..krag gee vir nog 'n dag..nog 'n stappie vorentoe..:-) As nie vir Hom, waar sou ons wees!

    ReplyDelete