Monday, April 5, 2010

Gedig 27 - Reën

Sag val die reën,
begin van God se seën...
Tortelduif sit stil,
en aanskou Sy wil...
Terwyl ek deur die venster tuur,
geniet ek hierdie uur...
Alles lyk so groen,
teken van God se seisoen...
Rustigheid daal neer,
Sy almag word vereer...
Vir maande was dit droog,
het ons laat wonder wat Hy beoog...
Het ons die toets geslaag,
en Hom steeds behaag?
of het ons vergeet,
dat hy alles weet?
En Hom gehoon,
soos Petrus verloën...
Met die wete dat Hy vergeef,
kan ons in vrede leef...
Heer sal u my vandag seën,
met U vredes-reën?

5 comments:

  1. Wow,dis great..dink nou aan die rustigheid as dit saggies buite reën...

    ReplyDelete
  2. Wow, kommentaar - uiteindelik. Ek het al gedink niemand lees my gedigte nie! :-)

    ReplyDelete
  3. Maar natuurlik lees ons!..he,he..dis seker al die Ugly Betty kykery wat ons so distract:-)

    ReplyDelete
  4. Ek het al n paar keer die gedig kom lees, ek comment net nooit nie maar dis pragtig regtig!

    ReplyDelete
  5. Ek het jou gedig, wat so met 'n mens se hart praat, vandag, toe dit begin reën op my "facebook" bladsy gedeel. Dankie Gerhard.

    ReplyDelete