Saturday, June 12, 2010

Gedig 60 - Lewenspad

Nog 'n nuwe dag,
reeds vir ons beplan...
al weet ons nie wat wag,
moet ons alle twyfel verban.

'n Nuwe week lê voor,
wat ons betree met hoop...
dat ons Sy stem sal hoor,
en alles voorspoedig sal verloop.

Weer het 'n maand,
verbygesnel...
al is ons soms verwaand,
is ons steeds deel van Sy bestel.

Dan 'n nuwe seisoen,
van ons lewenspad...
wat staan ons te doen,
dit is tog in Sy hand.

Elke lewensjaar,
is 'n vergunning van Hom...
Hy het ons gespaar,
tot Hy ons huistoe laat kom!

2 comments:

  1. Is baie mooi. Oom het seker by Sonnie gehoor dat my vriendin Anje (veearts) laasweek oorlede is. Sy't slenkdalkoors opgedoen en was vir 'n tyd lank in 'n koma gewees. My hart is baie seer daaroor...dit laat 'n mens nogal dink oor die "brevity of life"...'n mens weet nooit wanneer dit jou tyd is nie. Mag ons lewens 'n legacy los...for His glory!

    ReplyDelete
  2. Hi Laura,

    Sy was 'n baie nice mens. Nou is sy op 'n beter plek. Dink aan jou!

    ReplyDelete