Thursday, December 30, 2010

Gedig 82 Nuwe Jaar

Nog 'n jaar verby
einde van 'n gety
soos 'n blom verwelk
diep tot by sy kelk

Deur die dolle gejaag
het die sin van die lewe vervaag
sien ons die natuur nie raak
maak dit eintlik nie meer saak

Buite val die sagte reën
teken van God se seën
voëltjies dartel opgewonde rond
want die natuur ruik weer gesond

Wat het geword van die mens
dat ons ons vreugde só begrens
'n gejaag na wind
sodat ons nie vrede kan vind

Wanneer word ons stil
om ons gemoed weer te vul
aanskou ons die natuur
kry ons nuwe vuur

Nog 'n nuwe jaar
om op ons lewensboot te vaar
wat gaan ons doen
om met Sy wil te versoen

Monday, December 20, 2010

Gedig 81 - Kersboodskap

Herders kom van ver
volg die helder nuwe ster
met geskenke baie duur
om diė geboorte te vier

'n Kindjie klein
o só rein
neergelê in 'n krip
te nederig vir die mens se begrip

Sy nederige begin
maak tog nie sin
Hemelse Koning
in 'n aardse woning

Wonderwerke sou Hy doen
om die mens met God te versoen
min wou egter glo
Hy is gestuur van bo

Op die aarde moes Hy ly
om vir ons verlossing te verkry
Hy is gespot, gehoon
selfs deur Petrus verloën

Koning van die Jode
in beginsel verbode
aan die kruishout moes hy sterf
sodat die mens ewige lewe kan verwerf

Kerfeës-tyd moet ons nou
sy geboorte onthou
nie net 'n mooi verhaal
Hy het dan vir ons sondes betaal

Met die oopmaak van elke geskenk
moet ons Sy geboorte gedenk
dit is tog die grootste geskenk
wat ons elke jaar herdenk!

Sunday, December 19, 2010

Gedig 80 - Om te vergeet

Soms wil ons weet
hoe om te vergeet
terwyl ons dink
die hartseer nader wink

Ons is maar net mens
deur innerlike swakheid begrens
hartseer is maar deel
van dit wat 'n hart weer heel

Die oggendson kom op
kruip uit sy donker dop
totdat dit helder skyn
twyfel uit ons hart verdwyn

Onweerswolke op die horison
bedek soms die son
tog bring dit reën
teken van God se seën

Só kan ons vergelyk
totdat die twyfel wyk
môre sal nuwe dinge bring
dan sal ons hart weer sing!

Thursday, December 9, 2010

Gedig 79 - Penskets

'n Stuk is uit my hart geskeur
eintlik is dit nog baie teer
ek kon dit gisteraand weer voel
terwyl die hartseer oor my spoel

Hoe kan jy vir iemand sê
wat in jou binneste lê
sal hulle regtig verstaan
elke hartseer traan

My binneste is baie stil
eintlik voel dit half kil
terwyl ek oor alles dink
en die heimwee wink

Sal hulle ooit regtig weet
van al my bedekte leed
van elke stille traan
uit my siel se vensters gebaan

Die glimlag op my gesig
eintlik maar 'n klug
soms probeer ek maar net terg
om my hartseer te verberg

Hierdie is 'n penskets van my
wat eintlik in stilte ly
my manier om te sê
wat in my binneste lê!

Wednesday, December 1, 2010

Gedig 78 - Om te vergewe

Hoekom is dinge soms so gekompliseerd
doen mens altyd iets verkeerd
sonder dat jy dit bedoel
laat jy ander ongelukkig voel

Hoe maak jy dan weer reg
sonder om te smeek soos 'n kneg
kan jy ander laat verstaan
die weg van vrede baan

Hoe sê 'n mens jammer
sonder om jou siel stukkend te hamer
laat jy mense weet
jou bedoeling was nie verkeerd

Wanneer sal hulle vergewe
mooi dinge herlewe
met 'n glimlag opreg
wys alles is nou weer reg

Is dit dan só moeilik
om met mekaar te skik
net gemaklik te wees
ons almal een in gees

Sunday, October 10, 2010

Gedig 77 - Verdwaas

My hart voel koud,
terwyl ek veg vir my behoud...
ek wens almal kon sien,
dat ek dit nie verdien.

Ek is gestroop,
van dit waarvan my hart oorloop...
dit wat ek geniet,
wat vir my vrede bied.

My binneste voel leeg,
terwyl ek alles opweeg...
al my twyfel,
wat my hart verbrysel.

Die punt wat ek wou maak,
maak nie meer saak...
die plan is volvoer,
om my mond te snoer.

My bedoeling was opreg,
al lyk dit nou sleg...
my gedagtes is 'n waas,
ek staan verbaas.

Nou is ek voor almal "ontbloot",
as die wederstrewige soort...
net God sal verstaan,
wat in my hart aangaan!

Friday, October 1, 2010

Gedig 76 - My smart

Diep in my hart
beleef ek baie smart
ek het vertel
wat my só kwel

Toé die gesprek
wat by my vrede wek
gedink ek het opregtheid gesmaak
wat my hart aanraak

'n Week verby
nou moet ek van vooraf ly
my gemoed was skoon
toe word ek gehoon

Ek was blootgestel
die aanval was fel
in my hart
is ek skoon verward

Sal 'n herder 'n skaap
eenvoudig opraap
en vir die wolwe gooi
wat 'n sagte prooi

Moes ek eerder stilbly
in my binneste ly
is die plan volvoer
om my mond te snoer

Friday, September 24, 2010

Gedig 75 - Soeke na kennis

Wens ek was 'n slimmer mens,
dit is nou my diepste wens...
sodat ek kan verstaan,
wat om my aangaan.

Probeer ek soms te hard,
vra ek heel verward...
om almal gelukkig te maak,
sodat ek my eie geluk versaak?

Is dit dan normaal,
om jouself te faal...
ter wille van ander se geluk,
in jou woorde te verstik?

Wie kan 'n mens vertrou,
teen jou boesem hou...
sonder enige vrees,
net vriende wees?

Hoe kan 'n mens weet,
opregtheid meet...
wanneer sal jou twyfel,
verhoudings verbrysel?

Saturday, September 11, 2010

Gedig 74 - Oggendson

Die vroeë oggendson,
loer deur die wolke-kleed...
ek in my mens kokon,
met al my bedekte leed.

Die son skyn nou reeds warm,
om die aarde te verhit...
só asof dit my wil omarm,
hier waar ek op my eie sit.

Dit raak nou warm in my kokon,
dit is tyd om uit te breek...
om te glimlag vir die son,
my op die leed te wreek.

Daarom wil ek hierdie dag,
met opwinding betree...
nuwe beloftes wat wag,
deur God gegee!

Sunday, September 5, 2010

Gedig 73 - Hoe voel jy?

Voel jy ook somtyds leeg,
as alles sό swaar weeg...
wanneer die fondamente onder jou val,
jy neerstort oor die wal?

Wanneer jy voel of jy lê,
niks meer het om te sê...
voel jy dan alleen,
wil jy aanhoudend ween?

Is jy dan ook bang,
loop die trane oor jou wang...
as die weemoed oor jou spoel,
jou binneste stukkend voel?

Voel jy dan lam,
jou liggaam heeltemal klam...
van die angssweet in die nag,
as jy vir antwoorde wag?

Gedig 72 - Okkie

Ek sien nog jou forse figuur,
terwyl jy staan met jou kitaar...
trots, regop en fier,
met jou vingers wat beweeg oor elke snaar.

Nou is net 'n skaduwee van jou oor,
daar waar jy sit in jou stoel...
jou liggaam was deur koeëls deurboor,
nou wil ek vertel hoe ek voel.

Die mensdom dink hulle het die mag,
om oor alles te besluit...
daarom sal hulle God se Woord verag,
om die regverdige se lewensvreugde te buit.

Ek wil hê jy moet weet,
dat ek nou aanspraak maak op Sy Woord...
eis ek elke druppel van jou angssweet,
en vertrou op 'n wonderwerk baie groot.

Wanneer jy weer loop,
moet jy hierdie ode raam...
want vandag versamel ek elke greintjie hoop,
smeek ek vir jou oprigting in Jesus naam!

Wednesday, September 1, 2010

Gedig 71 - Die gereg

Hoekom bly die son dan onder,
is alles hier by my só donker?
Wanneer word dit weer dag,
dat ek in die lig kan lag?

Het ek nog nie genoeg gewag,
vir die nuwe dag?
Dit voel of my geloof wil taan,
asof ek gly vanaf my lewensbaan.

My gedagtes begin dwaal,
terwyl die onrus binne my maal...
ek word nou baie moeg,
dat almal so met my ploeg.

Ek voel baie vuil,
terwyl ek lê in 'n kuil...
die leeus lê en loer,
dink ek is hulle voer.

Selfs die hiënas het gekom,
hulle staan en grom...
as die leeus iets los,
is ek hulle kos.

Die aasvoëls hang in die lug,
gaan beslis nie vlug...
miskien bly 'n stukkie van my oor,
wat hulle kan bekoor.

Almal wat wil vreet,
kom kry my beet...
ek is moeg geveg,
kom eet julle gereg!

Tuesday, August 31, 2010

Gedig 70 - Huisbrekers

Het dit al met jou gebeur,
dat iemand jou privaatheid kom verskeur...
jou totaal verstom,
en jou eiendom binne kom?

Diep in die nag,
wanneer jy dit nie verwag...
jou goed kom haal,
sonder om daarvoor te betaal.

Asof dit hulle eie is,
dink jy sal dit nie mis...
met jou gedagtes nog wrang,
wonder hoe jy dit gaan vervang.

Miskien lê dit in 'n pandjieswinkel,
amper vir niks verkwansel...
dit is mos "regstellende inkopies"
jy mag jou dus nie vervies.

Wat het van die mensdom geword,
moet ons nou maak of niks skort...
hulle maar vergewe,
terwyl ons van woede bewe?

Wens ek was 'n beter mens,
nie deur so baie swakheid begrens...
want ek voel lus om hulle te klap,
hulle oë uit te krap!

Saturday, August 14, 2010

Gedig 68 - Die woord LIEFDE

Liefde is 'n woordjie klein,
vervat in menige refrein...
tog is dit die woord wat beskryf,
wat dit is wat die mensdom voortdryf.

Wanneer twee mense liefde vind,
word hulle aan mekaar gebind...
selfs as die lewensstorms kom,
bind liefde hulle soos gom.

Liefde vir 'n dier,
is altyd 'n plesier...
want hy het die vermoë,
om dit te weerspieël in sy oë.

Liefde vir 'n gier,
kos dikwels baie duur...
want voor jy jou kan keer,
het jy geen verweer.

Liefde is soms moeilik
om te verduidelik...
veral die liefde vir jou mede-mens,
word maklik begrens.

Sy liefde baie groot,
is moeilik om te verwoord...
Hy het immers Sy seun laat sterf,
om vir ons vergifnis te verwerf!

Monday, August 9, 2010

Gedig 67 - Gedagtes vir jou

Ek sien jou in my geestesoog,
die onsekerheid waarin jy leef...
die dinge wat in jou binneste betoog,
gedagtes van twyfel deurmekaar verweef.

Die aanslag van die mensdom,
raak dikwels baie fel...
soms is hulle soos engele vermom,
maar tog is hulle deel van 'n duistere bestel.

Het jy al gesit en wonder,
hoekom alles om jou besig is om te verduister?
Jy met 'n taak só besonder,
terwyl hulle sit en fluister!

Só was dit ook met die Meester,
terwyl hy besig was om wonderwerke te doen...
was hulle met wraakgedagtes begeester,
om te keer dat Hy die mensdom versoen!

Miskien moet jy so daaraan dink,
dit wat jy besig is om te bereik...
die sukses wat in die verte wink,
sal hulle planne fnuik.

Tel jou wapens op,
die stryd is reeds halfpad gewen...
Hy sal hulle in hul spore stop,
Sy lig sal die duisternis vaspen!

Wednesday, July 28, 2010

Gedig 66 - Jy

Hoor jy die voëltjies vanoggend sing,
die tortelduif wat sit en koer...
sal dit vir jou vreugde bring,
of sit jy dit met agterdog en beloer?

Wat sal dit dan kos,
om jou gelukkig te maak...
en van jou vrese te verlos,
jou diep aan te raak?

Hoekom wil jy trane stort,
op jou eie sit en huil...
sonder dat iets skort,
jou mond laat pruil?

Geluk lê en wag,
jy moet dit net optel...
die son bring 'n nuwe dag,
op God se bevel.

Betree die nuwe dag nou,
met jou hele wese...
sonder dat iets jou terughou,
vergeet van jou vrese.

Hy sal jou trane afdroog,
verskaf nuwe hoop...
plaas jou op 'n heuwel hoog,
as jy 'n pad saam met Hom loop!

Friday, July 23, 2010

Gedig 65 - Nog 'n nuwe dag

Nog 'n nuwe dag,
deur die Heer gegee...
sonder dat ons weet wat wag,
moet ons dit betree.

Sien met opwinding daarna uit,
elke les wat ons leer...
'n kykie deur ons eie vensterruit,
hoe Hy ons lewensdoek inkleur.

Sunday, July 18, 2010

Gedig 64 - Leef voluit

Vergeet van die verlede,
want dit is vir altyd verby...
leef vir die hede,
hoekom oor ou dinge ly?

Móre moet nog kom,
leef vir vandag...
dalk sal jy jou verstom,
aan Sy wonders in pag.

Een dag op 'n slag,
oomblikke om te geniet...
die toekoms kan wag,
verstoot die verdriet.

Leef vandag voluit,
asof dit jou laaste sal wees...
die lewe is maar soos 'n dobberende skuit,
geniet dit met siel en gees!

Sunday, July 11, 2010

Gedig 63 - Klaagliedere

Hoekom wil party mense altyd kla,
so asof hulle die wêreld op hulle skouers dra?
Alles is altyd verkeerd,
selfs al is hulle ongedeerd.

Selfs al het hulle ipekonders,
is hulle siekte iets besonders...
elke dag wat hulle leef,
loop iets skeef.

As die son skyn,
laat die hitte hul kop pyn...
as die reën buite val,
maak die nattigheid hulle mal.

Wanneer die pryse styg,
moet hulle na hul asems hyg...
want al is hulle bankbalans groot,
is hulle nou in geld-nood.

Misdaad in Timbatoe,
kom beslis na hulle toe...
nou bly hulle agter grendel en slot,
selfgemaakte tronk is hulle lot.

Kla het hul leefwyse geword,
waarmee hulle hul omgord...
selfs as hulle bid,
bly hulle in 'n hopie sit.

Nou is my vraag,
sal dit Hom behaag...
as mense leef in vrees,
en nie hulleself kan wees?

Wat is dan die sin,
dat 'n nuwe lewe begin...
om sorge saam te dra,
en oor alles te kla?

Het Jeremia dan nie genoeg,
met sy Klaagliedere geswoeg...
party mense kan daarop verbeter,
dit is nou maar seker!

Sunday, July 4, 2010

Gedig 62 - Maskers

Jy wat agter jou masker skuil,
wat steek jy daarbinne weg?
Is jou hart besig om te huil,
waar bevind jy jou op jou lewensweg?

As jy jou masker vanaand afhaal,
wanneer niemand jou kan sien...
voel jou gesig dan kaal,
terwyl jy wonder of jy dit alles verdien?

Vanaand wil ek my eie masker afhaal,
sodat jy my gesig kan sien...
miskien kan jy dan bepaal,
of ek jou vriendskap verdien.

Elkeen van ons dra ons eie masker,
om ons binneste te verberg...
en vanaand lê ons wakker,
om te wonder wat môre sal verg.

Nou wil ek my masker afhou,
nie meer agter my glimlag huil...
wil ek aan Sy hand vasklou,
en by Hom skuil!

Tuesday, June 29, 2010

Gedig 61 - Nuwe hoop

Wanneer 'n storm op sy ergste woed,
kom die sagte reën...
so asof dit wil vergoed,
met nuwe seën.

Soms laat dinge ons aanmekaar dink,
is dit moeilik om daarvan te vergeet...
en voel dit of ons in 'n put wil wegsink,
juis dan moet ons besef dat Hy beter weet!

Saturday, June 12, 2010

Gedig 60 - Lewenspad

Nog 'n nuwe dag,
reeds vir ons beplan...
al weet ons nie wat wag,
moet ons alle twyfel verban.

'n Nuwe week lê voor,
wat ons betree met hoop...
dat ons Sy stem sal hoor,
en alles voorspoedig sal verloop.

Weer het 'n maand,
verbygesnel...
al is ons soms verwaand,
is ons steeds deel van Sy bestel.

Dan 'n nuwe seisoen,
van ons lewenspad...
wat staan ons te doen,
dit is tog in Sy hand.

Elke lewensjaar,
is 'n vergunning van Hom...
Hy het ons gespaar,
tot Hy ons huistoe laat kom!

Monday, June 7, 2010

Gedig 59 - Soeke

My gedagtes was vir lank stil,
terwyl ek wag op God se wil...
het selfs in die verte gaan soek,
na 'n nuwe hoofstuk van my lewensboek.

Soms wil ons as mens,
Sy wil vir ons begrens...
is ons eintlik doof,
en beland in 'n lewenskloof.

Nou voel ek eintlik leeg,
bevind my in 'n steeg...
ek wou oor begin,
in my soeke na lewens-sin

Vanaand lê ek en dink,
wil in my gedagtes verdrink...
sit ek op 'n kruin,
wag dat die son weer skyn.

Ek was oortuig ek kon dit sien,
die dagbreek wat ek verdien...
maar nou steeds die donker nag,
wat vir my lê en lag!

Gedig 58 - Die Berg

Die berg lê in die verte en loer,
vandag deur 'n wolkekombers toegemaak...
so asof Hy Sy wil volvoer
en met liefde daaroor kom waak.

Is die mens nie maar soos 'n berg,
deur Sy liefde omvou...
in Sy genade verberg,
terwyl ons aan geloof in Hom vasklou?

Wednesday, May 12, 2010

Gedig 57 - Leeu in 'n hok

Sien jy die leeu in 'n hok,
wat deur die tralies tuur?
soms word hy geslaan met 'n stok,
terwyl hy smag na die natuur?

As niemand vir hom oopmaak,
moet hy maar uitbreek...
en terugvlug na die natuur - onbewaak,
want hy het genoeg gesmeek.

Ek was die leeu in 'n hok,
wat na buite loer...
gejaag deur die klok,
terwyl wanhoop my beloer.

Nou breek ek uit,
en vlug ver weg...
nou in 'n nuwe skuit,
om 'n nuwe toekoms te besleg!

Wednesday, May 5, 2010

Gedig 56 - Nuwe week

Maandag,
begin van 'n nuwe week...
min weet ons wat wag,
miskien iets wat ons moed gaan breek.

Dinsdag,
die tweede dag van die week...
het nog heelwat krag,
niks sal my geesdrif breek.

Woensdag,
die voëltjies sing...
en kinders lag,
vreugde wat vandag bring.

Donderdag,
laste nou meer...
reeds minder krag,
my rug buig neer.

Vrydag,
laaste werksdag van die week...
het nou nuwe krag,
wil nuwe hoop uitspreek.

Saterdag,
moet al weer werk...
sonder krag,
iets sal my moet versterk.

Sondag,
uiteindelik kan ek rus...
dan ontvang ek nuwe krag,
in Sy huis - net van Hom bewus!

Tuesday, May 4, 2010

Gedig 55 - Wissel-werkende natuur

In die dale lê die mis,
soos 'n kombers van die natuur...
tog weet ons gewis,
dit is deur God gestuur.

Die sons-opkoms kondig aan,
die breek van 'n nuwe dag...
dit is God se wentelbaan,
ons kan dit môre weer verwag.

Betyds is die reën,
om die aarde te voed...
deel van God se seën,
terwyl die stormweer woed.

Sag val die nag,
en kondig rustyd aan...
arbeid kan tot môre wag,
die mensdom moet verstaan.

Die sterre in die lug,
verseël die heelal se prag...
selfs die donker swig,
onder die natuur se krag...

In die verte lê die maan,
en loer snags vir ons...
voltooi die wentelbaan,
terwyl naggeluide gons.

Selfs die klam oggend dou,
wat die nuwe dag inwag...
het vir my en jou,
nuwe verwagtinge in pag!

Saturday, May 1, 2010

Gedig 54 - Uit die dieptes van my hart

Diep in my hart,
wil ek nou delf...
verby my smart,
'n kykie na myself.

Ek is maar net mens,
wat 'n vol lewe wil voer...
deur my eie beperkinge begrens,
soms wonder ek waarom alles sloer.

My skouers gaan soms gebuk,
onder alles wat daarop rus...
soms so groot die lewensdruk,
dan moet iets my gedagtes sus.

Somtyds net 'n sagte woord,
met 'n opregte glimlag...
of 'n musiek akkoord,
waarop ek wag.

Miskien 'n boodskap klein,
vir my bedoel...
of sagte samesyn,
wat my beter laat voel.

Van 'n persoon,
wat my verstaan...
my swakheid verskoon,
en my nooit vermaan.

Wanneer ek my onttrek,
om net alleen te wees...
en gedagtes verwek,
wat jy later kan lees.

Reinig ek my gees,
was my gedagtes skoon...
verwyder al die vrees,
wat in my kom woon.

Dan wil ek net dig,
my woorde neerpen...
my gees verlig,
my menswees terugwen.

Soms sit ek en droom,
oor die mooi van die lewe...
is ek dalk te vroom,
vra ek dat Hy my vergewe.

Wanneer ek my verknies,
oor ander se seer...
kan hulle verlies,
my dalk iets leer.

Nou en dan,
wil ek net hoor...
woorde wat my laat ontspan,
wat my nie versmoor.

Soms staan ek skuldig,
en laat my hart bekoor...
deur woorde menigvuldig,
komplimente wat ek hoor.

Dan kom die besef,
uit myself kan ek niks vermag...
en ek verdien nie die ophef,
waarna ek dikwels smag.

Nou wil ek dit herhaal,
ek is maar net 'n kleine mens...
en het maar min behaal,
steeds nie die sukses waarvoor ek wens!

Kortverhaal - Pieter se reis

PIETER SE REIS




(geskryf deur Gerhard J Goosen)







Vroeg-oggend staan Pieter op, soos hulle maar as 'n reël op die plaas doen. Vanoggend is egter anders. Die tyd het ryp geword om sy hartsgevoel met sy pa te deel. Die hol gevoel op sy maag laat hom wonder of hy die regte ding doen. Sy pa is 'n hardwerkende plaasboer en 'n baie vermoënde en gesiene man in die Cradock distrik. Hy is ook 'n baie hardnekkige man met diepgewortelde standpunte en hy laat hom nie voorskryf nie.



Pieter stap na die stoep, waar hy weet sy pa gewoonlik sy oggend koffie met beskuit geniet. "Kom sit seun en geniet 'n koppie boere-troos voor ons dag in die lande begin,"sê sy pa. Nou voel Pieter regtig senuwee-agtig. Hy weet egter dit is nou of nooit. " Ek wil vanoggend erenstig met pa gesels,"sê Pieter. "Wat is fout seun?" vra sy pa. "Sien pa, die saak staan so! Ek sit nou al vir 'n geruime tyd en tob hieroor. Ek dink nie meer ek wil boer nie." Pieter bly vir 'n oomblik stil toe hy sien hoe rooi sy pa in die gesig word, maar gaan dan voort... " Ek het gedink as pa my nou al my erfdeel gee, kan ek stad toe gaan en my eie begin maak. Frans en Heydenrich is mos op die plaas en pa weet hoe geniet hulle die boerdery. Ek voel in elk geval net in die pad hier!"



Sy pa staar lank voor hom uit - sodat die stilte eintlik ondraaglik word. Jammer pa, ek het nie bedoel om..." begin Pieter. Sy pa antwoord nie, staan op en loop na sy bakkie wat voor die huis staan. Hy klim in die bakkie en ry weg dat die stofwolke so staan.



Dit voel soos 'n ewigheid wat sy pa wegbly en Pieter wonder of hy nie iets onbesonne aangevang het nie.



Net voor middag-ete stap sy pa met 'n nuwe aktetas by die huis in. Hy roep die hele gesin bymekaar en almal kom sit in die voorhuis.

"Dit is met hartseer dat ek hierdie gesins-vergadering saamgeroep het,"sê sy pa. "Pieter het besluit om die plaas te verlaat om sy eie potjie te gaan krap. Ek het lank nagedink en alhoewel ek nie met hom saamstem nie, gaan ek nie in sy pad staan nie. Hy het sy keuse gemaak en ek wil my seuns nie soos sussies onder my vlerk hou nie." Sy pa staan op en gee die aktetas en die sleutels van die nuwe Mercedes Benz, wat hy vroeg in die jaar vir homself gekoop het, vir Pieter. "Die son trek al water. Pak en ry nou voordat ek van plan verander,"vervolg sy pa. "Dankie pa,"sê Pieter en druk sy hand.

"Ja, toe nou maar, sê sy pa en hy kyk met 'n hartseer blik na hom. Sy fors gestalte lyk nou effens geboë.

2.



Pieter pak vinnig sy tasse en groet sy gesin. Die trane rol oor sy ma se wange toe sy 'n mandjie padkos in sy hand sit en hom omhels. Pieter kry eintlik 'n knop in sy keel. Hy ry egter skaars by die plaashek uit, toe neem 'n vreemde gevoel van opgewondenheid oor.



Eers toe 'n verkeersman hom voorkeer en 'n dagvaardiging vir sy spoedoortreding uitskryf, kom Pieter tot verhaal. Hy stop by Cookhouse om iets te kry om te drink en maak vir die eerste keer die tas wat sy pa vir hom gegee het, oop. Hy sien die nota van sy pa bo-op die stapels twee honderd rand note lê en lees: "Jou erfdeel - wees oordeelkundig en onthou wat ons jou geleer het! Jy is nou op jou eie. Liefde, pa." Hy wil hartseer raak, maar besluit daar en dan om sy man te staan. 'n Boerseun raak mos nie hartseer nie. Hy ry verder terwyl hy aan sy koeldrank suig. Hy voel nogal heel verbaas dat sy pa hom so maklik laat gaan het.



Dit is reeds donker toe Pieter oor die berg kom en Port Elizabeth se liggies voor hom sien. Dit voel soos 'n ewigheid voor hy die deurweg oppad see toe bereik en hy kan skaars sy opgewondenheid bedwing. Hy het al baie van die stadslewe gehoor en het sy begeerte om deel te wees daarvan te lank onderdruk. Hy wonder eintlik opgewonde wat op hom wag.



Pieter stop sommer dadelik langs die strand en gaan loop 'n lang end, met die seewater wat oor sy voete spoel. Dit voel vir hom of die tyd stilstaan...



Dit is reeds skuins voor nege toe Pieter by 'n gastehuis inboek. Die dame by ontvangs kyk hom maar lekker op en af en hy voel onmiddelik ongemaklik. Hy besef dadelik dat hy iets aan sy kleredrag sal moet doen as hy hier in die stad wil oorleef.

Toe hy in sy kamer kom is hy aangenaam verras met die netheid daarvan. Hy skakel onmiddelik die televisie aan en gaan lê op die bed. Nog voor hy planne kan beraam vir die volgende dag val hy aan die slaap...



Die son bak op Pieter se gesig toe hy wakker skrik. Dit is al na elf en hy het ontbyt gemis. Hy spring op en maak hom gereed om die stad te gaan verken.



Hy is nie gewoond aan die verkeer nie en word half senuwee-agtig. Hy ry na die eerste en beste kettingwinkel en gaan loop daarin rond. Hy vergaap hom aan alles in die winkelvensters. Dit is eintlik so onwerklik om te dink dat so baie winkels bymekaar, 'n bestaan kan maak.

Ten einde laaste gaan sit hy maar by 'n koffiewinkel en bekyk die mense. So wat van 'n verskeidenheid van mense het hy nog nooit bymekaar gesien nie. Hy vergaap

3.



hom skoon aan hulle.

Teen laat middag ry hy maar weer strand toe en sit en kyk na die see tot dit donker word. Hy kom agter dat dit maar eensaam so alleen is. Hulle is maar 'n hegte gesin en hy is nie gewoond daaraan om so alleen te wees nie. Hy verlang sommer terug plaas toe maar besef ter selfder tyd dat hy nie nou van plan kan verander nie.



Pieter gaan loop later die aand in 'n kleiner winkel-kompleks en sien dat dit meestal uit eetplekke bestaan. Dit krioel van die mense en dit voel vir hom of hy verdring word. Hy sien 'n kennisgewing : " ALL NIGHT DANCING - LIVE SHOW GIRLS " en hy gaan maar binne...(hy is dan nou so alleen en niemand ken hom tog hier nie!)

Die musiek speel oorverdowend en hy kan voel hoe die grond onder hom bewe."Dit verskil darem hemelsbreed van die plaas-sokkies," dink Pieter. Hy wil net uitloop toe hy sien hoe 'n meisie met 'n rooi skynsel in haar hare vir hom glimlag. Hy kyk om en sien niemand agter hom nie en besef dat sy wel vir hom glimlag. "As dit nie vir die harde musiek was nie sou hulle seker my hart hoor bons het," dink hy. Sy kom nader gestap en hy wil homself eers uit die voete maak, maar dit voel of sy voete aan die grond vasgegom is. Hy is dan so alleen - hoekom nou weghardloop?

Die meisie steek haar hand uit en sê : " Hi, ek is Chantelle, ek het jou nog nie voorheen hier gesien nie. " Pieter se hart bons in sy keel toe hy haar sagte hand in syne vasvat. Hy stotter voordat hy sê : " Hallo Chantelle ek is Pieter. " " Ek 'check' jou al uit vandat jy hier 'ingestrole' het," sê sy "Jy lyk ook maar lekker 'prim en propper' met die 'taai' en al." Pieter glimlag half verleë en antwoord : " Plaas-japie, en jy? " "Nee jong ek is maar hier in die 'city ge-deliver'. Jou soort is maar skaars hier, seker nog 'n 'virgin' ook! " skerts sy " Kom ek 'organize' vir jou 'n 'cocktail' - net om die 'jappie-gyt' af te spoel. " Pieter stap maar saam soos 'n lam wat ter slagting gelei word...

Pieter drink 'n sluk van die drankie wat Chantelle vir hom in die hand gestop het en verstik dat hy hyg na sy asem. "Beslis nie die sokkies van die plaas se vrugtepons nie!" dink hy. Chantelle skater van die lag en sê : " Hy 'kick' nogal, jy kan nie die 'punch' vat nie. Ek 'enjoy' sommer jou 'company'." Pieter raak gou gewoond aan die drankies wat sy vir hom voer en hulle kuier tot vroeg in die oggend ure...



Toe Pieter later die oggend in sy motor wakker word voel dit of 'n muil hom teen die kop geskop het. Hy sien dadelik die servet in sy hand met die boodskap : "Ook maar lekker lig in die broek, sal jou later 'n 'call' gee - as jy jou 'bubbie' afgeslaap het xxx." Hy ry na die gastehuis waar hy tuisgaan en klim met 'n kloppende hoofpyn, maar met 'n glimlag op sy gesig in die bed.



4.



Later die aand raak hy wakker van die skril geluid van sy selfoon wat lui. "Haai slaapkous, "groet Chantelle" ek en 'n paar pelle gaan vannaand op die 'beech' braai en 'n bietjie 'chill'.Hoe sal jy 'smaak' om ons te 'join' ?" Pieter kan nie die blydskap in sy gemoed wegsteek nie en hy antwoord : "Natuurlik, waar kry ek julle?" Sy verduidelik hoe hy by die plek waar hulle gaan braai sal uitkom en voeg by : "Onthou ons gaan 'chill', moet nou nie met 'n pak klere daar aankom nie!" en sy giggel betekenisvol. Pieter is so opgewonde soos 'n skoolkind. Sy twyfel of hy die regte stap geneem het om stad toe te kom, verdwyn soos die mis voor die son.



Toe Pieter met sy motor by die braaiplek stop, brand daar 'n vuur wat so groot is dat dit lyk soos daglig. Hy sien Chantelle onmiddelik raak en die rooi skynsel van haar hare laat sy hart ontstuimig bons. Toe sy hom opmerk kom sy oor die strand aangedraf. Hy sien haar lang slanke bene wat beklemtoon word deur die vuur in die agtergrond. "Ek het gedink jy gaan ons 'drop'! My pelle sê nou net hulle dink nie jy gaan 'pitch' nie. Gelukkig het jy nou hul monde gesnoer, hulle is al klaar half gesuip," sê sy. Pieter glimlag en kan nie help om die glinstering in haar oë raak te sien nie. Sy neem hom aan die hand en lei hom na haar vriende. Hy merk weer op hoe sag haar hand is en die tinteling in sy lyf verras hom aangenaam.

Chantelle stel Pieter aan haar vriende voor, maar hy neem nie werklik notisie nie. Sy gemoed is so vol van vreugde om naby haar te wees, dat hy voel om uit te skree. "Hoekom voel hy so buitengewoon aangetrokke tot haar terwyl hy haar skaars ken," wonder hy.

Buks, wat aan die anderkant van die vuur staan, is heeltyd grootmond en dit is duidelik dat hy probeer om al die aandag op hom te vestig. Hy staan nader en bied vir Pieter 'n sigaret aan. Pieter sê : "Jammer, maar ek rook nie." Buks is nie beindruk nie en sê : "Dit lyk my jy is ook maar 'n 'genuine party-pooper'." Pieter loer na Chantelle en neem toe maar tog 'n sigaret, hy is bang om haar in 'n verleentheid te stel. Toe hy die eerste trek neem hoes hy omtrent sy longe uit - tot almal se vermaak. Buks lig triomfanklik sy hande in die lug en lag uit sy keel uit. Die klank weergalm in die verte. Pieter suig toe maar verder aan die sigaret, en geniet dit skielik nadat Chantelle 'n trek geneem en die rook in sy gesig geblaas het. "Ek 'smaak' jou al hoe meer, jy 'grow' aan my!" fluister Chantelle in sy oor. "Get a room," gil Buks dit uit. "French kiss,french kiss..." skree almal uit. Chantelle swig onder die groepsdruk en soen Pieter dat sy bene lam raak...



Toe Pieter weer tot verhaal kom,staan almal om die vuur en hande klap. Chantelle glimlag en kyk betekenisvol in sy oë. Pieter besef nou wat dit beteken om in die sewende hemel te wees. Hoe lank smag hy al na 'n oomblik soos die! Chantelle druk 'n bier in sy hand en hy begin onwillekeurig daaraan drink. Hy sit sy hand om haar middel en sy druk haar teen hom vas. Sy hart galop binne in sy borskas. Nadat hy 'n

5.



paar biere gedrink het vra sy : "lus vir 'n 'strole'?" Hy het geen weerstand nie, neem haar hand in syne en hulle stap al verder van die vuur af weg.

Toe die vuur nie meer sigbaar is nie, trek sy hom op die sand neer. Sy gaan sit saggies bo op hom en trek haar bloes uit. Pieter gaan aan die bewe toe hy haar skoonheid in die maanskyn aanskou. Sy trek die res van haar klere uit en daarna begin sy sy klere uittrek. Nie een van hulle sê 'n woord nie. Hulle vertroetel mekaar se liggame en vergeet van die wêreld rondom hulle... En toe word hulle een!

Ure later skrik hulle in mekaar se arms wakker. "Hoe voel jy?" vra Chantelle. "Vannaand was die beste aand in my lewe!"antwoord Pieter. "Bedoel jy...?" "Ja dit was my eerste keer," sê hy. "Ek wens ek kon dieselfde sê, maar ek het nie maklik grootgeword nie. Ek moes al baie 'suffer' in my lewe. Daar is nog baie dinge wat jy van my moet weet. Ek 'trust' net dat jy nie 'weird' gaan raak as jy alles oor my uitvind nie. Maar wag, laat ek nou nie jou 'moment spoil' met 'boring detail' nie. "Ek wens vannaand kon vir altyd aanhou," sê Pieter. Hulle soen mekaar innig en word weer een. En die wêreld behoort vannaand aan hulle...



Die volgende oggend word Pieter alleen in sy kamer by die gastehuis wakker. Die eensaamheid sak skielik oor hom neer. Hy skakel Chantelle se nommer maar dit lui totdat dit op 'voicemail' gaan . Hy laat 'n boodskap en 'n beklemming begin om sy hart saampak. Hy begin instinktief wonder oor die probleme in haar verlede, waarna sy die vorige aand verwys het. Hy besluit daar en dan dat dit nie vir hom saakmaak nie en dat hy haar nie daaroor sal uitvra nie. Hy glo sy sal dit met hom deel wanneer sy gereed voel.

Hy besef skielik dat hy eintlik niks van haar af weet nie. Hy weet nie eers waar sy woon of waar sy haar op hierdie oomblik bevind nie. Hy was so oorrompel deur haar nabyheid die vorige aand, dat niks anders in die wêreld saakgemaak het nie. Sy gedagtes gaan weer terug na die tyd wat hulle alleen op die strand gespandeer het en die werklikheid van die gebeure tref hom nou eers. Dit was vir hom wel die mees vervullende tyd van sy lewe, maar inderdaad ook die onverantwoordelikste. Die moontlike gevolge van hulle intimiteit, het die vorige aand geensins saakgemaak nie. En as hy nou eerlik met homself moet wees, skeel dit hom vanoggend ook nie juis veel nie.

Pieter dink terug aan hoe beskermend hy op die plaas grootgeword het. Sy ouers het hulle grootgemaak asof hulle plaas nie deel was van die wêreld daar buite nie. Die hedendaagse werklikhede was vir sy pa en ma bloot 'n illusie. Sy pa het volstrek geweier om 'n televisiestel te koop. Hy was van mening dat hy die poorte van die hel in hul huis sou oopmaak indien hy 'n televisiestel daarin sou inbring. Dit was kompleet asof hy hulle teen die buitewêreld wou beskerm. Hy wonder onwillekeurig wat sy pa se reaksie sou wees indien hy hom aan Chantelle sou voorstel.

( Om die waarheid te sê skeel dit hom eintlik glad nie).



Teen laatmiddag is Pieter al siek van bekommernis omdat hy nog glad nie van Chantelle gehoor het nie. Hy ry na die eerste en beste kaffee wat hy kan vind en koop

6.



vir hom 'n pakkie sigarette. Hy steek een aan en neem 'n diep teug. Hy voel onmiddelik meer ontspanne en dink weer terug aan die vorige aand. Toe hy sy eerste sigaret gerook het, het Chantelle 'n trek geneem en die rook in sy gesig geblaas. Wat sou hy nie wou gee om haar nou by hom te kon hê nie! As hy haar net weer in sy arms kan vashou!

Pieter staan nog so ingedagte, toe hy 'n harde slag op sy rug voel. "Jis beesblaas!" sê Buks met 'n uitbundige stem."Ek het gewonder waarheen julle gisteraand 'ge-disappear' het. Jy is lekker

opgevryf met daai 'girl' nê!" Pieter antwoord:"Ek is so bly om jou te sien! Weet jy dalk waar Chantelle is? Ek kan haar nie op haar selfoon in die hande kry nie."Buks grinnik en sê: "Dit 'smaak' my jy is 'ge-worried' nê. Dit is maar 'n ou laai van haar om nie haar 'mobile' te 'answer' nie. Sy is maar eintlik 'n 'dark horse' almal weet om hul 'gloves' aan te trek as hulle saam met haar rondhang. Maar moenie 'worry' nie. Kry my vannaand so '9 bells' by ons 'spot' op die 'beech' dan gaan wys ek jou waar sy gewoonlik uithang." Pieter weet nie of hy bly of bekommerd moet wees nie, maar stem in om Buks die aand te ontmoet.



Skuins voor nege stop Pieter by die plek waar hulle die vorige aand gebraai het. Buks is nog nie daar nie en hy sit maar en wag. Hy kan nie verstaan waarom Chantelle hom nie gekontak het nie. Hulle aand was dan so spiesiaal! Of het sy nie werklik dieselfde gevoel nie? Hy voel nou eintlik heel verward.

Buks en 'n paar van sy vriende kom eers om nege dertig daar aan. "Ek hoop jy het 'bucks' saamgebring, die 'entrance fee' is nogal 'heafty' en ons is almal maar 'n bietjie 'short' aan 'cash' - jy sal ons maar moet haak vannaand. Onthou ons doen jou eintlik 'n 'favour' - ons kon al lankal 'gekip' het!" sê hy. Pieter besef hy het nie eintlik 'n keuse nie en stem in om vir hulle ook te betaal.



Toe hulle by die nagklub aankom, kan Pieter beswaarlik sy opgewondenheid onder bedwang hou. Die musiek speel oorverdowend. Pieter betaal Buks en sy vriende se toegangsgeld en hulle verdwyn tussen die mense. Die plek is dof binne van al die rook en die ligte flikker so dat Pieter voel of hy dronk in sy kop wil word. Hy stap naarstigtelik tussen die mense rond terwyl hy na Chantelle soek.

Die volgende oomblik verlig die verhoog aan die voorkant van die gebou en die spreilig skyn op 'n vrou wat haar gesig bedek met 'n net. Sy begin wild dans op die maat van die musiek en begin haar klere met ritmiese bewegings uittrek. Toe sy haar bloes uittrek en haar bolyf aan die klomp bloeddorstige mans vertoon, kom Pieter tot verhaal. Hy dink terug aan die vorige aand toe Chantelle haar bloes uitgetrek het en hoe hy haar skoonheid in die maanlig aanskou het. Sy hart bons in sy keel.

Hy kyk weer na die danser op die verhoog en op daardie oomblik pluk sy die net van haar kop af. Sy laat haar kop agteroor hang en die rooi skynsel in haar hare is onmiskenbaar. "Dit is dan Chantelle!" roep Pieter uit.(Gelukkig kan niemand hom hoor nie as gevolg van die oorverdowende musiek). Sy mond hang oop en hy verwonder hom aan Chantelle - terwyl sy haar laaste stukkie klere uittrek. Die mans

7.



om die verhoog gaan aan soos 'n klomp aasvoëls wat wag om hulle prooi uitmekaar te skeur. " Gisteraand was sy myne... "prewel Pieter.

Buks klap hom skielik op sy rug dat hy na sy asem snak. "Is dit nou 'n 'culture shock' of wat praat ek nie alles nie.Ek wou jou nie 'tune' wat jou 'girl' hier doen nie want ek wou die 'look' op jou gesig 'check' as jy haar sien - en glo my dit was nou 'n 'treat', "bulder hy dit uit. Hy gooi sy kop agteroor en lag uit sy keel uit voordat hy verder praat : "Ek en die manne het 'ge-sceam' dis nou tyd dat jy ons 'treat' op 'n 'round' of twee. Ons 'smokes' is ook al klaar en jy sal maar moet uithaal en wys!" Pieter haal 'n paar note uit sy sak en druk dit in Buks se hand. Hy is beslis nie nou lus vir Buks se geselskap nie. Hy is nou werklik verward.

Terwyl die musiek voortbulder, tel Chantelle haar klere ritmies op en beweeg van die verhoog af en by 'n sydeur uit. Dit lyk of sy in die niet verdwyn.

Pieter staan net daar asof hy in 'n soutpilaar verander het. Hy is onseker oor sy gevoelens. Buks het dit eintlik reg opgesom - dit was nogal 'n kultuur-skok om haar so te sien. Om die waarheid te sê is sy hele ondervinding hier in die stad vir hom 'n kultuur verandering. Hy steek 'n sigaret aan en teug met genoegdoening daaraan. 'n Vreemde rustigheid spoel oor hom. Eintlik hou hy van hierdie ander leefwyse. Hy voel so ongebonde.

Hy staan nog so en dink toe hy 'n sagte hand teen sy nek voel. Hy kry eintlik hoendervleis. "Kom ons gaan buitentoe," sê Chantelle in sy oor. Haar asem teen sy gesig bekoor hom. Sy neem sy hand in hare en lei hom deur die dansende skare na buite.

Hulle gaan sit in sy motor en sy kyk hom vraend aan. Hy sien dadelik die onsekerheid in haar oë en besef hy sal die stilte moet verbreek. "Jy kap dit nogal uit daar op die verhoog!" sê hy - sonder om beskuldigend te klink. 'n Verligte glimlaggie vorm om haar mondhoeke en sy sê : "Ek wou nie hê jy moes so uitvind nie! Ek wou jou more vertel het, maar moes eers vanaand se 'show' verby kry.

Ek dans so twee aande 'n week hier en nou en dan by die plek waar jy my ontmoet het. Dit is maar net 'n 'job' vir my. Ek is vroeg uit die skool uit en 'jobs' is nie so volop hier nie.Ek moet sê die 'thought' dat ek jou moes vertel was nogal 'n 'scary' een. Ek 'laaik' jou regtig en was bang jy maak 'n 'duck'." Pieter soen haar liggies op haar mond en hulle sit net in mekaar se teenwoordigheid. Dit is nie nodig vir hulle om enigiets te sê nie...



Die volgende oggend vroeg lui Pieter se selfoon. Dit is Chantelle wat vra of hulle die dag saam kan spandeer. Pieter se hart loop oor van blydskap en hulle reël om mekaar by 'n koffiewinkel te ontmoet. Toe Pieter net na tien by die koffiewinkel aankom, sit Chantelle reeds vir hom en wag.

Toe sy hom sien staan sy op en kom hom glimlaggend tegemoet. Sy het 'n geelkleurige kniehoogte rok aan en Pieter merk op hoe mooi sy is. Hy besef nou eers dat dit die eerste keer is dat hy haar in die dag ontmoet. Sy omhels hom en sy hart jubel.

Pieter bestel vir hulle koffie en hulle sit vir lank en gesels oor ditjies en datjies. Dit

8.



voel vir hom asof hulle mekaar al vir jare ken. Die onsekerhede van die vorige dag het soos die mis voor die son verdwyn. Dit is vir hom lekker om net in haar teenwoordigheid te wees. Sy gevoel vir haar groei oomblik vir oomblik. Niks moet ooit tussen hulle kom nie! (Wat maak dit nou in elk geval saak watter beroep sy beoefen of wat in haar verlede skuil?)



Nadat hulle hul koffie klaar gedrink het, stap hulle vir ure tussen die verskillende winkeltjies van die kettingwinkel waar hulle, hulle bevind rond. Hy kyk na haar voete, hy kyk na haar hande, hy kyk na haar hare, hy kyk na haar ore, hy kyk na haar neus en hy kyk in haar oë... Dit is vir hom kompleet asof hy vandag alles van haar vir die eerste keer raaksien. Hy drink dit in. Sy is pragtig vir hom. Hy het nog nooit voorheen so oor iemand gevoel nie...

"Ek sien jy 'check' my lekker uit vandag!"sê Chantelle - en sy ruk hom terug uit sy gedagte-wêreld. Hy sien die goedkeuring in haar oë. "Jy is mooi vir my en ek hou daarvan om na jou te kyk!"antwoord hy. "Dis 'ok', ek smaak dit nogal dat jy my so 'uit-check'," sê sy sag en druk sy hand stywer vas. Dit voel vir hom of die mense rondom hulle nie bestaan nie - so asof hulle in hulle eie wêreld beweeg.

Hulle eet middagete saam in 'n restaurant. Hy hou haar dop terwyl sy eet en is so dankbaar dat sy by hom is. Hy besef dat al wat nou vir hom saakmaak, is om naby haar te wees. Hoekom oorrompel haar nabyheid hom so? Hy voel skoon soos 'n kind wat 'n nuwe speelding gekry het. Hy kan net nie genoeg van haar kry nie!

Laatmiddag gaan fliek hulle saam. Hy sit meestal vir haar en kyk en weet nie regtig wat in die fliek aangaan nie. " Haai jong! Jy is veronderstel om die 'movie' te 'check' en nie vir my nie," skerts sy terwyl sy met haar hand oor sy hare streel. Hy voel half verleë en sê: "Ek is jammer man. Jy is baie mooier as die fliek." "Jy is 'n regte ou 'charmer'. Maar dis 'ok' ek 'laaik' dit as jy dink ek is mooi. Jy laat my sommer baie beter voel oor myself, " antwoord sy.

Die man wat voor hulle sit, kyk kwaai om en maak sulke klik-geluidjies met sy tong. Chantelle begin giggel en Pieter wil sommer uitbars van die lag. Hy sit sy arm om haar skouers en hulle geniet mekaar se teenwoordigheid.

Toe die fliek klaar is gaan geniet hulle aandete in 'n chinese restaurant. Hulle sukkel om hulle kos met die stokkies te eet en lag vir mekaar. Hulle drink wyn en die aand word al hoe lekkerder. Hulle verlaat die restaurant eers teen toemaak-tyd. Hulle kan nie genoeg van mekaar kry nie.Pieter voel sy lewe is nou volmaak. Met Chantelle aan sy sy kan die wêreld maar vergaan. Hy wil haar sommer vir altyd by hom hê...



Pieter raak die volgende oggend met 'n glimlag op sy gesig wakker. Die besluit om na die stad te kom was beslis die regte een. Op die plaas sou die dag net voorspelbare roetines ingehou het - genoeg om 'n mens van jou verstand af te dryf! Hier in die stad is dit net mooi die teenoorgestelde- elke dag hou 'n nuwe belofte in (veral noudat Chantelle sy lewenspad betree het!)

Die vorige dag was beslis die beste dag wat hy in die stad beleef het. (Eintlik was dit die beste dag van sy lewe!) Hy is so dankbaar dat hy iemand soos Chantelle

9.



ontmoet het. Sy vul sy lewe. Hy het sy hart verloor. In die dag is sy gedagtes vol van haar en snags droom hy van haar.



Later die dag daag Buks en van sy vriende by Pieter se kamer in die gastehuis op. "Jis beesblaas, ons het 'n bietjie met jou kom 'chat' !" val Buks met die deur in die huis."Jou 'girl' werk vannaand weer by een van haar 'strip joints' en ons het besluit om jou met ons 'company' te kom 'honour'. Ons is nou ware 'tjoms' en dit het tyd geword dat jy ons 'n bietjie 'treat'!" Pieter willig half teësinnig in.

As dit nie vir Chantelle se vriendskap met hulle was nie, sou hy hulle beslis nie sy vriende wou noem nie. Hy wil haar aan die anderkant ook nie ongemaklik laat voel by een van haar vertonings nie. Die klomp oorlamse mans wat haar staan en begeer, sal hom in elk geval net teen die berge uitdryf. Netnou gaan hy een van hulle te lyf - en hy wil nie eers aan die gevolge dink nie! Hy sal maar moet wag en sien wat Buks en sy trawante se planne vir die aand is.



Toe hy Buks en sy vriende later die aand ontmoet, kan Pieter sien hulle is reeds sterk onder die invloed van drank. Hy wil hom eers vervies, maar besluit om hulle te vergesel, vir Chantelle se onthalwe. Dit voel amper vir hom of Buks 'n tipe houvas op haar het. Hy weet sy het vir hom gesê sy het 'n moelike verlede gehad, maar 'n mens kan darem jou vriende kies!

"Ek hoop jy het baie 'bucks' saamgebring. Ons het besluit dit is tyd vir 'n bietjie 'pub-crawling' - jy weet so 'n bietjie 'welcoming'. Ek het gedink as ons sowat ses van die 'well-known joints visit' sal jy die meeste van ons 'tjoms' kan 'meet'. Jy kan mos nie so 'home alone' sit nie man," sê Buks om hom in te lig wat vir hom wag. Pieter raak sommer benoud en wonder hoekom dinge somtyds so vreemd uitwerk. Hy sou eerder die aand in Chantelle se arms wou deurbring.



Die eerste twee kroeë het nogal heel beskaafd gelyk, en Pieter is meer op sy gemak toe hulle na die derde plek ry.

Toe hulle by die derde plek instap, gaan daar 'n koue rilling by Pieter se ruggraat af. Behalwe vir die oorverdowende musiek, rookwalms in die lug en die reuk van drankwalms is die meeste mense wat hulle daar aantref maar redelik vreemde karakters.

Veral een jong vrou trek sy aandag. Haar hare staan in die lug op soos die kam van 'n kokketiel. Dit is moelik om te besluit of die kleur van haar hare nou eintlik oorwegend geel, groen, of pers is. Dit lyk tog of pers die oorwegende kleur is. Haar ore, neus, wange, ooglede en lippe is so vol ringe en verskillende tipes oorbelle dat jy beswaarlik haar gesig kan sien. Haar maag is ontbloot en haar masiewe groot naeltjie ring is duidelik sigbaar. Sy het 'n klein mini rokkie aan en haar bene lyk soos skilderye soos hulle getatoeëer is. Die halslyn van haar rok is so laag gesny dat haar bates vir jou lê en loer. Pieter wonder of hulle nie die volgende oomblik by haar rok gaan uitspring nie.

Buks staan met 'n geammuseerde glimlag op sy gesig en kan nie sy plesier

10.



wegsteek toe hy sien hoe Pieter haar op en af kyk nie. " 'Itroduce' jouself, " sê Buks terwyl hy hom na die vreemde meisie wend. "Dis Chantelle se nuwe 'fling' waarvan ons jou vertel het." Sy steek haar hand na Pieter uit en sê: " Hallo jong! Ek is Sonja. Ek kan sien hoekom Chantelle so mal is oor jou. Ek raak sommer self verlief op jou. My sus hou altyd haar vriende weg van my af. Ek vry hulle gewoonlik af. So jy moet op jou hoede wees vir my!" Sy skater soos sy lag en die tong-'stud' in haar mond is duidelik sigbaar.

Pieter is half verstom en staan met 'n mond vol tande. Hy het nie eers geweet Chantelle het 'n suster nie. En nou moet hy haar hier ontmoet. Sy het wel 'n vreemde voorkoms maar dit val hom op dat sy glad nie haar taal vermeng soos Chantelle en haar vriende nie. Dit is vir hom moeilik om haar op te som...

Buks fluister iets in Sonja se oor en sy glimlag. Die volgende oomblik gooi sy haar hande om Pieter se nek en gryp hom vas. Sy soen hom vol op die mond en druk haar tong so diep in sy mond in, dat hy haar tong-'stud' kan voel. Pieter dyns terug en verloor amper sy balans. Buks gooi sy kop agteroor en lag met genoegdoening - diep uit sy keel uit.

Pieter besef dat Buks met opset die aand so beplan het dat hy Sonja moes ontmoet. Dit is duidelik dat hy groot genot put uit sy 'onskuldige' onthullings oor Chantelle en haar familie. Dit voel amper of Buks poog om 'n wig tussen hom en Chantelle in te dryf!

Sonja kyk na Pieter en hy sien die lagduiweltjies in haar oë. Sy sê: "Ek neem aan jy was aangenaam verras. Niemand kan my soene weerstaan nie - veral nie Chantelle se vriende nie. Jy wil seker nog een hê!" Toe Pieter sy kop skud lag sy en Buks ewe hard.

Buks kyk na Pieter en sê: "Ek het nogal baie 'surprises' - of wat praat ek nie alles nie!" Toe hy sien Pieter kyk hom kwaai aan vervolg hy: " 'Touchy, touchy, touchy' nê! Dit lyk my ek het 'n 'nerve gestrike'. Kom 'tjomma' dit is tyd om 'n paar 'drinks' te koop. Ons' introduce' jou aan jou aanstaande 'family' en hier staan ons droë bek na al ons moeite. 'What a shame'!"

Pieter koop maar 'n rondte drankies in die hoop dat Buks sy groot smoel sal hou. Hy besef maar terdee dat die sogenaamde pub-crawling maar net 'n set was om Sonja aan hom voor te stel. Hy wonder eintlik hoe twee susters so hemelsbreed van mekaar kan verskil! Sonja sal seker nie onaantreklik wees as jy al die oorringe, 'studs', tatoeëermerke(of prente) en die vreemde haarstyl wegdink nie. 'n Aangename persoonlikheid wil, wil by haar deurskemer. Dit lyk amper of haar vreemde voorkoms 'n tipe verdedigings-meganisme is.

Buks en sy vriende is nou glad nie haastig nie en hulle is op die ou end so dronk soos torre. Pieter geniet homself nie. Hy dink nou heeltyd aan Chantelle en wonder nou sommer oor baie dinge. Hy wil so graag alles omtrent haar weet, maar wil haar nie ongelukkig maak deur te nuuskierig te wees nie. Hy wonder onwillekeurig hoeveel 'surprises' Buks nog het. Dit voel omtrent of hy elke keer 'n haas uit 'n hoed ruk. En dan is die genot daarvan nog elke keer op sy gesig ook geskryf.

Toe Pieter na middernag by sy blyplek aankom, voel hy heel onrustig in sy gemoed.

11.



Hy besef skielik dat hy nie eers weet waar Chantelle woon nie. Dit voel amper vir hom of sy hom nie werklik in haar lewe wil toelaat nie. Dit is amper asof sy net stukkies van haar lewe met hom wil deel. En dit pla hom ongelooflik baie...



Teen tien-uur skrik Pieter wakker van die piep-geluid op sy selfoon wat aandui dat 'n sms ontvang is. Dit is 'n boodskap van Chantelle wat 'n adres gee waar hy haar moet ontmoet. Hy is heel onrustig omdat sy hom gewoonlik skakel. Sy het al vir hom gesê dat sy dit haat om sms'e te stuur omdat dit so onpersoonlik is. Hy kry hom dadelik gereed om hom na Chantelle te haas.



Nadat hy 'n ruk lank gesoek het, vind Pieter die adres wat Chantelle vir hom deurgegee het. Toe hy voor die skakelhuis stop merk hy dadelik op hoe bouvallig dit is. 'n Tiener meisie kom by die huis uitgetrippel. Sy slaan haar arms om sy lyf en sê : "Hallo oom, ek is Lisa. My ma het gesê oom gaan kom en ek kon nie wag om oom te ontmoet nie. Kom oom, sy wag vir oom!" Sy vat hom aan die hand en kyk glimlaggend na hom terwyl sy hom na die voordeur lei.

Hy voel hoe warm en sag haar jong hand in syne voel. Hy hou onmiddelik van haar. Sy is netjies aangetrek en haar uitgaande persoonlikheid getuig van 'n goeie opvoeding. Hy sien die rooi skynsel van haar hare in die son. Sy is 'n pragtige kind!

Toe hy opkyk staan Chantelle in die deur vir hom en glimlag, met haar arms gevou. Sy hart klop in sy keel toe hy die rooi skynsel van haar hare in die son sien. Hy besef skielik dat hy nie net van haar hou nie, maar dat hy tot oor sy ore op haar verlief is. Lisa druk sy hand om sy aandag te trek. " My ma is mooi as die son so op haar hare skyn, nê oom! " sê sy terwyl sy na Chantelle kyk.

Hy kyk vraend na Chantelle en sy knik haar kop terwyl sy hom ondersoekend aankyk. "Hoe voel jy?" vra Chantelle nadat sy hom saggies op sy lippe gesoen het. "Ek voel dankbaar dat jy deel van my lewe geword het!" antwoord hy. Chantelle omhels hom en die warmte van haar lyf laat sy hart ontstuimig klop.

Lisa kyk hulle goedkeurend aan. "My ma is 'n ander mens vandat sy oom ontmoet het. Ek is so bly dat oom uiteindelik hier vir ons kom kuier het. Ek was al skoon bekommerd oor haar omdat sy gedurig oor oom teem. Dit is duidelik dat sy die skoot hoog deur het!" babbel sy asof sy baie lewenswys is.

Chantelle se gesig is nou omtrent net so rooi soos die skynsel van haar hare en Pieter is half ge-amuseerd om haar so skaam te sien. Hy besef skielik watter diep mens sy is. Hy luister hoe sy Lisa kombuis toe stuur om te gaan tee maak en die klank van haar stem bekoor hom.

Toe hulle alleen is druk Pieter haar styf teen hom vas. Hulle kyk in mekaar se oë en hoef eintlik niks te sê nie. Hulle verstaan mekaar.

Nadat hulle tee gedrink het, sit hulle oor ditjies en datjies en gesels. Lisa staan later op en kondig aan dat sy hulle nou maar alleen sal los, omdat sy weet dat hulle baie het om oor te gesels. Sy groet haar ma en daarna vir Pieter voordat sy die huis verlaat om by een van haar vriendinne te gaan slaap. Voordat sy die voordeur agter haar toetrek, kyk sy na hom en oogknip betekenisvol.

12.



Pieter en Chantelle sit 'n geruime tyd in mekaar se teenwoordigheid, voordat sy die stilte verbreek. "Ek is so bly jy het my nie veroordeel nie. Ek is baie jammer dat ek jou nou eers hiernatoe genooi het, maar die meeste mans is so anders as jy. As hulle eers hoor 'n mens het 'n buite egtelike kind, los hulle jou soos 'n warm patat. Glo my, ek het al die pad geloop!" Pieter besef skielik dat sy nie meer haar taal vermeng nie. Sy is nou so anders. Ten goede.

"Ek hoor jy het my suster ontmoet. Sy het alles vanoggend in detail vir my kom vertel. Ek is so dankbaar dat jy haar weerstaan het. Sy is nogal in haar skik met jou. Ek wil jou alles omtrent myself vertel. Ek het jou juis vandag genooi omdat ek nie wil toelaat dat Buks jou nog 'n keer skok nie," sê Chantelle.

Pieter luister en sy vertel in detail... Haar ouers is oorlede toe sy en Sonja nog jonk was en haar ouma het hulle grootgemaak. Haar ouma se loseerder het haar en Sonja gemolesteer toe sy hulle alleen by hom gelaat het. Dit het haar suster so geraak, dat sy begin het om haar liggaam so te versier. Chantelle het op haar beurt by los verhoudings betrokke geraak en gekyk hoe seer sy die mans kon maak. Buks was een van hulle en hy het hom een aand op haar afgedwing nadat sy te veel gehad het om te drink. Sy het swanger geraak en het die lewe geskenk aan Lisa. Sy het gevolglik nie haar skoolloopbaan voltooi nie. Buks het dadelik ontken dat dit sy kind is en het haar beskuldig dat sy rondgeslaap het. Sy het as sestienjarige meisie probeer werk vind en het op die ou end maar as ontkleedanser begin werk. Die betaling was goed en die fooitjies wat die orige mans gegee het, het dit nogal die moeite werd gemaak. Haar ouma het na Lisa omgesien wanneer sy gaan werk het en Chantelle het die pot aan die kook gehou. Sonja het na haar ouma se dood op haar eie gaan woon en Chantelle en Lisa woon nou alleen in hierdie huis, nadat sy die huurkontrak oorgeneem het.

"Nou weet jy wie en wat ek is," sê Chantelle." Ek hoop jy verstaan waarom ek jou nou eers in my vertroue geneem het!"

Pieter kyk na Chantelle en is so dankbaar dat hy haar nou by hom het. Baie dinge maak nou skielik vir hom sin. Veral Buks se optrede jeens hom. Hy voel sommer lus om nou na hom te ry om hom 'n paar warm klappe te gaan gee. Hy bedwing hom maar eerder. Hy kyk met deernis in sy oë na Chantelle en sê : " Jy is dierbaar vir my. Ek is so lief vir jou!" Chantelle bars in trane uit en hy neem haar onverpoosd in sy arms. Hulle begin mekaar lank en innig soen. " Ek is so verskriklik lief vir jou ook ,dit maak eintlik seer," fluister sy in sy oor toe sy haar asem terugkry. Hulle soen mekaar weer en dit voel of die tyd stilstaan.

Toe hulle weer tot verhaal kom lig sy haarself in sy arms en hy dra haar na haar kamer. Hulle ruk behoorlik mekaar se klere van hul lywe af en sy trek sy liggaam bo-op haar neer. En hul liefde bloei in die maanlig wat deur haar kamervenster skyn. Nou behoort hul liggame aan mekaar...



Vroeg die volgende oggend word hulle in mekaar se arms wakker. Hulle kyk na mekaar en glimlag. Hulle druk mekaar styf vas en deel 'n onbeskryflike gevoel van eenheid. Hulle is nou bymekaar en altwee van hulle besef dit is waar hulle wil wees.

Pieter dink aan die omstandighede waaronder hy die plaas verlaat het. Sy pa het

13.



hom goed laat verstaan dat hy 'n permanente keuse gemaak het, toe hy die plaas verlaat het. Soos hy sy pa ken, het hy wat Pieter is, sy hand oorspeel. Hy besef hy is nie meer welkom op die plaas nie. Sy pa het die bande met hom geknip. Sy pa en ma sal in elk geval nie vir Chantelle en Lisa aanvaar nie. Sy is loodreg in teenstelling met dit wat vir hulle aanvaarbaar is. Nog hy, nog sy pa het enige poging aangewend om mekaar te kontak. Hy wens eintlik dinge kon anders gewees het. Dat hy nou in sy motor kon klim en die liefdes in sy lewe aan hulle kon gaan voorstel. Hy is so trots op Chantelle en Lisa en niks of niemand gaan 'n wig tussen hulle indryf nie.



Toe Pieter tot verhaal kom, kan hy die vrae in Chantelle se oë sien. "Ek is werklik baie lief vir jou en niks sal dit verander nie!" stel Chantelle hom gerus. "En ek vir jou!" antwoord hy met deernis in sy oë. "Hoekom is jy dan so ingedagte? Jy weet nou mos alles omtrent my. Ek belowe daar is nie meer enige geraamtes in my kas nie - jy kan maar kyk!" skerts sy.
"Dit is juis die probleem. Ek weet alles van jou, maar jy weet eintlik niks van my af nie!" sê Pieter.

"Dit is waar ja, maar dit pla my nou regtig nie. Ek is lief vir jou net soos jy is- onvoorwaardelik!" antwoord sy. "As jy wil kan jy my vertel, jy weet mos ek bly self in 'n glashuis en ek gaan beslis nie klippe gooi nie!"

"Ek het 'n versoek" sê Pieter. Sy kyk hom vraend aan en hy vervolg :"Moet asseblief nie weer as ontkleedanser gaan werk nie! Ek mis jou te veel wanneer jy werk en sien nie kans om weer saam met Buks en sy trawante rond te hang nie." Sy druk saggies sy hand en sê: "Ek weet my lief, maar iemand moet die pot aan die kook hou. En dit is nie so asof jy 'n tas vol geld kan optower nie!"

Die ironie van haar woorde verstom hom. Hy sit sy wysvinger op haar lippe en gaan haal die tas geld wat sy pa vir hom gegee het, uit sy motor se kattebak. Toe hy die tas langs haar op die bed neersit glimlag sy senuweeagtig en sê: " Ek hoop nie jy is 'n sluipmoordenaar of iets nie. Met my verlede sluit hulle my sommer saam met jou toe!"

Toe Pieter die tas oopmaak en sy al die geld sien, gaan sy aan die huil en sê-vra: "'n Bankrower?" (Om die waarheid te sê het hy die geld nog nie eers getel nie. En hy het amper niks daarvan gebruik nie). Hy besef hoe dit vir haar moet lyk en druk sy pa se nota in haar hand. Haar sug van verligting, nadat sy die nota gelees het, is duidelik hoorbaar. Sy slaan haar hande om sy nek en druk hom so styf vas dat hy na sy asem snak. "Ek sal vir 'n hele paar aande nie hoef te werk nie!" spot sy. Pieter voel so gemaklik saam met haar en voel besonder geseënd.

Pieter besluit daar en dan om sy gedagtes oor sy familie met haar te deel. Sy luister aandagtig en druk sy hand styf in hare vas. "So nou besef jy dat ek nie terug sal kan gaan na die plaas nie," sluit hy af.

Chantelle vra 'n paar vrae oor sy pa se boerdery en hy is eintlik aangenaam verras oor haar kennis en insig. Die laaste ure wat hy saam met haar deurgebring het, het sy gevoel vir haar so sterk gemaak dat dit eintlik seermaak. Sy het diep in sy hart ingekruip. En hy wil sy lewe met haar deel.

14.



Teen tien uur kom Lisa by die huis en stap reguit na Pieter en gee hom 'n drukkie. "Ek is bly oom is weer hier," sê sy. Sy sien hoe hy en haar ma onderlangs na mekaar kyk en glimlag insiggewend. Hy besef dat sy baie insig het en sê : " Ek wil eintlik iets met jou bespreek!" " Ek is die ene ore," sê sy en gaan sit reg langs hom. Chantelle kyk hom vraend aan.

"Ek is nou self nuuskierig," sê Chantelle. Pieter kyk na haar en haar vraende blik maak hom half senuweeagtig. Hy voel skielik hoe die sweet op sy voorkop uitslaan. Hy staan op en gaan sit op sy knieë by Chantelle. Hy neem haar hand in syne en is onmiddelik bewus van die sagte warmte daarvan. Lisa snak na haar asem en toe Pieter na haar kyk sien hy dat sy met trane in haar oë na hulle kyk. Hy kyk in Chantelle se oë en vra: "Sal jy my asseblief die gelukkigste man op aarde maak en met my trou?" Die trane rol oor beide ma en dogter se wange. Toe Chantelle met 'n hees stem bevestigend antwoord storm Lisa na hulle en omhels hulle. En Pieter besef dat dit juis vir hierdie oomblik is waarvoor hy stad toe moes kom. Nou grens sy lewe aan volmaaktheid!

Die volgende oomblik lui Chantelle se selfoon. Sy luister stil en haar gesig word bleek. Sy beëindig die oproep en kyk ernstig na Pieter voordat sy praat : "Ek weet ek het vir 'n lang tyd baie geheime vir jou gehad, maar kan ek jou asseblief vra om my die geleentheid te gee om iets wat ons hele toekoms saam gaan raak op my eie af te handel?" Pieter knik en sy vervolg: "Ek moet vir 'n paar dae weggaan, sal jy asseblief by Lisa bly?" Lisa kyk haar ma vraend aan, maar stel haar onmiddellik gerus deur te sê: "Ma weet mos ek sal nie omgee nie!"



Pieter en Lisa staan later die middag op die sypaadjie en wuif toe Chantelle met sy motor vertrek. Sy het haastig 'n paar goeidjies ingepak en het 'n vreemde vasberadenheid in haar stap gehad. Pieter en Lisa het altwee geweet dat dit nie die regte ding sou wees om vrae te vra nie.

Hulle sit lank oor ditjies en datjies en gesels. Lisa gee later 'n lang gaap, waarna sy hom 'n goeie-nag drukkie gee en gaan slaap.

Die verlange kruip in Pieter se hart in, toe hy op Chantelle se kussing gaan lê en haar reuk ervaar. Die vorige aand het hulle nog hier in mekaar se arms gelê en nou is sy êrens op die pad. Die gevoel van alleenheid oorweldig hom en die trane rol oor sy wange. En hy is nie iemand wat huil nie! Hy weet sommer dit gaan soos 'n ewigheid voel voordat hy Chantelle weer in sy arms kan hou. Hy mis haar soos hy nog nooit iemand gemis het nie. Sy en Lisa is nou sy lewe! En hy val aan die slaap...



Die volgende twee dae hoor hulle niks van Chantelle nie. Elke middag wag Pieter op die stoep vir Lisa wanneer sy van die skool af kom. Hy geniet dit om vir haar kos te maak en om haar te bederf. 'n Hegte band het tussen hulle gegroei. Sy voel vir hom soos sy eie kind.

Hoe wens hy nie nou hy kon sy vreugde met sy ouers deel nie. Maar hy weet hy het sy keuse gemaak. Wat 'n voorreg sou dit nie gewees het om moeg van die lande op die plaas by die huis te kom terwyl sy dogter en vrou vir hom staan en wag nie.

15.



Hy besef nou dat hy selfs die boerdery mis. Hy het egter self sy bed opgemaak en sal maar daarop moet slaap. Hy het nou vir Chantelle en Lisa in sy lewe en dit is vir hom genoeg. Hy sal mos sefsugtig wees om meer te verwag. Hy besluit daar en dan om nie verder te bespiegel nie. Hy en Chantelle kan maar net hier bly en hulle sal 'n gelukkige gesin wees. Dit is vir hom genoeg.

Pieter kyk na Lisa en sy sê : "Oom moet nie so ingedagte wees nie. My ma sal gou huis toe kom. Sy is versot op oom." Hy streel saggies oor haar hare en hulle glimlag vir mekaar. Hy weet in sy hart sy is reg oor haar ma. Hy sal eerder nie sy verlange na sy ouerhuis met haar deel nie. Hulle het mekaar nou nodig.



Pieter en Lisa val amper oor mekaar in hulle haas om buite te kom toe hulle sy motor vroeg die Saterdag oggend buite die deur hoor stop. Chantelle kom nader gedraf toe sy hulle sien. Sy is pragtig vir Pieter en hy voel hoe 'n traan oor sy wang rol. Hy het haar so baie gemis. Sy omhels hulle en die wêreld staan stil.

"Ek hoop julle het klaar gepak! " sê Lisa. Die opgewondenheid op haar gesig is opmerklik en sy vervolg: "Ek wil julle êrens heen neem maar dit is 'n verrassing. Geen vrae nie nê! " Hulle stem half skaapagtig in. Chantelle se opgewondenheid maak hulle ook opgewonde.



Nadat hulle hul klere en die nodigste goed ingepak het, vertrek hulle. Hulle gesels land en sand. Net soos 'n gesin wat saamgesnoer is as 'n eenheid. Hulle hoort bymekaar en borrel van geluk. Toe Pieter sien Chantelle ry in Cradock se rigting, kyk hy haar vraend aan. Sy sit haar warm hand saggies op sy lippe en sê: " Geen vrae nie, onthou! Jy het mos belowe. Jy sal weldrae weet. "



Eers toe hulle by 'n plaashek tot stilstand kom skrik Pieter wakker. Hy sien hulle is by sy pa-hulle se plaas en hy voel onmiddellik 'n beklemming om sy hart. Hy kyk vraend na Chantelle en sy sê: "Vertrou my. Alles sal goed afloop!"

Toe hulle voor die bekende plaashuis stop sien Pieter daar is 'n skaap op die spit. Hy weet sy pa maak net 'n spit op baie spesiale geleenthede. Hy is nou skoon deurmekaar. Wat is die geleentheid? Hy sien al die motors en plaas-bakkies wat agter die huis geparkeer is. Nou is hy eers deurmekaar.

Die volgende oomblik kom sy pa en ma saam met sy broers na buite gestorm. Sy pa en ma omhels hom. Die trane rol oor sy ma se wange. En hy verbeel hom selfs hy sien 'n nattigheidjie in sy pa se oë. Hy kyk vraend na Chantelle toe hy sien hoe sy pa vir haar knipoog. Sy staan egter asof botter nie in haar mond kan smelt nie. Sy ma trek Chantelle en Lisa eenkant toe en hy stap saam met sy pa. Sy pa lei hom na sy kamer en hy sien 'n pak klere op sy bed lê. "Trek aan!" sê sy pa . "Daar is nie baie tyd nie my seun - vandag is 'n groot dag."

Alhoewel Pieter verdwaas is oor sy pa-hulle se vriendelikheid en die verwarrende gebeure trek hy maar gedwee die pak klere aan. Hy weet nou regtig nie wat aan die gang is nie. Wat het Chantelle dan nou aangevang? Hy raak nou skoon bekommerd. Sy broer kom roep hom en lei hom na die skuur.

16.



Toe hulle binne in die skuur kom lyk dit omtrent of die hele distrik se mense daar is. Die volgende oomblik begin die troumars speel. Pieter kyk op en sien hoe Sonja en Lisa met helderkleurige rokke ingestap kom. Agter hulle kom sy pa breë-bors ingestap met Chantelle aan sy arm. Sy het die mooiste trourok wat hy nog ooit gesien het, aan. Sy lyk pragtig! Hy voel hoe die trane oor sy wange rol toe sy pa haar aan hom oorhandig. Hy sien die goedkeuring in sy pa se oë toe hy sy hand skud.

Chantelle haak haar arm by syne in en hy sien die lagduiweltjies in haar oë. Lisa en hy kyk na mekaar en hy sien sy glimlag van oor tot oor. Hy wonder hoe Chantelle tot sy pa deurgedring het. Hy vra nie vrae nie...



Nadat hulle in die huwelik bevestig is, beweeg almal na die aanliggende skuur, waar 'n feësmaal op hulle wag. Sy pa begin praat en sê: "Soos julle almal weet het Pieter die plaas verlaat met sy erfdeel. Vandag is hy terug en hier sit hy saam met sy pragtige vrou, wat binne enkele dae haar plek in my hart oopgetrap het. Ek het nog nooit 'n mens soos sy ontmoet nie. Haar eerlikheid het my verbyster. En sy het my seun huis-toe gebring. Watter pa sal sy seun nie met ope arms terug verwelkom nie? En dan het ek nog 'n dogter en 'n kleindogter bygekry. Vandag is vir my 'n heuglike dag!" Almal klap hande.

Pieter se hart loop oor van blydskap. Hy kyk na Chantelle en hy verdwaal in haar oë. Nou is alles so verbysterend volmaak! Hulle hou mekaar se hande vas terwyl Lisa hulle met blydskap in haar oë aankyk. Hoe kon hy twee dae vantevore besef het hoe volmaak sy lewe vandag sou wees? En dit alles aan Chantelle te danke. Hy wonder vir 'n oomblik of sy nie 'n engel is wat uit die Hemel na hom gestuur is nie.



Toe hulle lank genoeg by die onthaal vertoef het, fluister Chantelle in Pieter se oor: "Ons moet nou gaan. Ek wil nou alleen wees saam met jou. Alles is gereël. Lisa en Sonja gaan 'n paar dae hier op die plaas kuier. En ek het nog 'n verrassing vir jou."

Hulle groet die mense by die onthaal en daarna sy ouers. Lisa gee hulle elkeen 'n klapsoen en sê: "Onthou oom is nou my pa!" en sy druk saggies sy hand. Sonja kom nader en soen hom amper te lank. Chantelle klap haar speels agter haar kop. Sy (Sonja) gooi haar kop agteroor en lag uit haar keel uit. Toe hulle wegstap skop sy Pieter op sy boud. Hy lag maar gedwee en Chantelle skud laggend haar kop.Hulle tasse is klaar in Pieter se motor gepak en hulle vertrek dadelik.



Hulle het net 'n paar kilometer gery toe Chantelle 'n plaaspad aandui en vra dat Pieter daar moet afdraai." Wie se plek is dit?" vra Pieter. "Jy sal nou sien ou nuuskierig," sê Chantelle speels. Toe hulle by die plaashek kom kan Pieter sy oë nie glo nie. Hy lees die nuutgeverfde naambord " TUISKOMS eiendom van Pieter en Chantelle Botha." Hy kyk Chantelle vraend aan. "Kom ons gaan in dan verduidelik ek," sê sy.

Pieter stop voor die plaashuis en hulle stap na die voordeur. Chantelle druk 'n sleutel in sy hand en lig haarself in sy arms. Hy sluit die voordeur oop en dra haar oor die drumpel. Die huis is ten volle gemeubileerd.Nou kan Pieter nie meer sy

17.



nuuskierigheid bedwing nie.

Hulle gaan sit op die gemaklike sitkamerbank en Chantelle begin verduidelik... Die plaas het aan 'n aangetroude familielid behoort. Hy is reeds 'n geruime tyd oorlede. Hy het die plaas aan haar en Sonja bemaak omdat hulle sy enigste oorblywende familie was. Die oproep wat sy ontvang het voordat sy vertrek het, was van die prokureur wat die boedel gehanteer het. Hy het haar na 'n lang soektog opgespoor en sy en Sonja moes die dokumente op Cradock kom teken. Sonja het afstand gedoen van haar regte en het haar deel van die plaas as trougeskenk aan hulle oorgeteken. Daarna het sy(Chantelle) die bul by die horings gepak en sy pa gaan sien. Dit was nie moeilik om hom op te spoor nie, omdat hy so 'n gesiene persoon in die distrik is. Hy was so uit die veld geslaan dat hy soos klei in haar hande was. Sonja was natuurlik saam en haar voorkoms en houding het sy pa verder uit die veld geslaan. Toe sy ouers van hulle trouplanne hoor, het hulle inderhaas reëlings vir sy tuiskoms en hul huwelik getref. Hulle was toe glad nie so ontoeganklik soos hy gedink het nie!



Pieter het in ongeloof na haar vertelling geluister. Toe hy klaar geluister het, neem hy haar in sy arms en soen haar innig. Hy weet sy reis het tot 'n einde gekom. Hy tel Chantelle in sy arms en dra haar na die slaapkamer. "More gaan haal ons ons dogter," fluister hy in haar oor. Sy skud haar kop en trek hom op die bed neer. En hul beker loop oor...





**********





OOR DIE SIMBOLIEK VAN DIE VERHAAL:



Ons hemelse Vader laat ons toe om ons eie keuses op ons lewenspad te maak. Dikwels maak ons verkeerde keuses en die mense waarmee ons in aanraking kom, help ons daartoe aan. Hy sal egter nie toelaat dat ons versoek word tot meer as wat ons instaat is om te weerstaan nie. Verskillende mense sal op verskillende maniere deel met die aardse besittings wat aan hulle toevertrou word. Soms is dit juis die onwaarskynlikste persoon wat soos 'n engel gestuur word om ons na Hom toe terug te lei. En ons hemelse Vader is altyd gereed om ons ons sondes te vergewe en om ons terug te verwelkom.

Wednesday, April 28, 2010

Gedig 53 - Aan jou verbind

Kan jy dit sien,
die liefde van 'n hond?
al het jy dit nie verdien,
hardloop sy om jou rond.

Kom jy by die hek,
sit sy vir jou en wag...
op haar eie plek,
geduldig die hele dag.

Opgewondenheid neem nou oor,
want die wag is verby...
sy blaf nou dat jy kan hoor,
dat sy haar in jou koms verbly.

Jou hart word nou sag,
as jy sien hoe sy tol...
en jy voel om te lag,
terwyl sy rond hol.

Haar dag is nou volmaak,
want jy is nou hier...
sy kan aan jou raak,
en jou tuiskoms vier.

Vir jou is sy soos 'n kind,
wat jy vas kan hou...
deur liefde verbind,
aan jou toevertrou.

Sy sal selfs verstaan,
wanneer sy jou stilte sien...
en jy haar vermaan,
wanneer sy eintlik liefde verdien.

In haar korte lewensduur,
is sy aan jou verbind...
want Hy het haar vir jou gestuur,
sodat jy vrede kan vind!

Tuesday, April 27, 2010

Gedig 52 Hemelse rykdom

Sy sit langs die pad,
probeer vrugte verkoop...
haar gesig sê sy is sat,
terwyl sweetdruppels oor haar gesig loop.

Ek ry eers verby,
maar draai dan om...
want ek sien haar ly,
en voel verstom.

Haar liggaam is verweer,
rooi gebrand in die son...
in haar oë sien ek die seer,
ek sou haar wou help as ek kon.

Sy begin babbel,
vertel dat sy vir haar pa verkoop...
sy moet alles verkwansel,
voordat sy huistoe mag loop.

Sy is nog maar 'n kind,
wat haar langs die pad afsloof...
staan hier selfs al waai die wind,
maar steeds is sy besig om haar pa te loof.

Dan kom die besef,
dat ek eintlik baie het...
nou moet ek my oë na Hom ophef,
en ophou om my te verset.

Ek het nog nooit honger gaan slaap,
al het ek nie in oorvloed...
hoef ek nie te raap en skraap,
want Hy was nog altyd vir my goed.

Was ek dalk ryk,
en miskien vol hoogmoed...
sonder toegang tot Sy koningkryk,
net omring deur my aardse goed.

Had ek eintlik niks,
net leë beloftes...
was ek dalk slinks,
en een van die armstes.

Vandag wil ek Hom bedank,
dat Hy my weer help sien...
vir Sy stem se klank,
wat ek kan hoor - sonder dat ek dit verdien.

Met my oog op Hemelse rykdom,
wil ek ophou om my te kwel...
wanneer Hy weer op die wolke kom,
volg Sy nuwe ewige bestel!

Sunday, April 25, 2010

Gedig 51 - 'n Skouer

Vanaand soek ek 'n skouer,
waarop ek kan huil...
al is ek nou veel ouer,
voel dit of my mond wil pruil.

Ek voel soos 'n kind,
met 'n hartjie so klein...
wat vrede wil vind,
sodat daar lig uit my oë kan skyn.

Miskien is ek sommer laf,
en sal mense vir my lag...
of dink ek praat sommer kaf,
en sien my as een groot klag.

Ek luister na musiek,
om te hoor wat dit my bied...
verknog my aan elke liriek,
soek sin in elke lied.

Dan voel ek 'n traan,
wat op my ooglid huiwer...
wat nie stil wil staan,
miskien om my gemoed te suiwer.

Dalk is ek soos 'n meisie,
wat my hart laat roer
en deur elke wysie,
my gemoed laat volvoer.

Eintlik voel my gemoed net vol,
en my gedagtes word weggevoer...
want die lewe eis sy tol,
terwyl my beperkinge my beloer.

Hoop jy luister,
na wat ek probeer sê...
en al klink alles nou duister,
jy my woorde in jou gedagtes vaslê!



 

Saturday, April 24, 2010

Gedig 50 - My wêreld

Vandag voel ek klein,
in my eie wêreld omhein...
Alles daar buite voel te groot,
asof ek nie daarin hoort.

Miskien sal mense wonder,
hoekom ek my afsonder...
Nou kan hulle maar weet,
wat my binneste so vreet.

Ek staan verstar,
en voel soos 'n nar...
Die glimlag op my gesig,
behoort hulle te ontstig.

My hart is aan die huil,
my gedagtes vervuil...
Want dit wat my pla,
moet ek in my binneste dra.

Min mense sal verstaan,
wat in my wêreld aangaan...
Want baie staar hul blind,
 is aan 'n groter wêreld verbind.

Laat die wat ore het hoor,
wat dra ek nou voor...
Ek had nou genoeg,
die wêreld maak my moeg.

Dit voel soos 'n dolle gejaag,
om mense te behaag...
My blydskap reeds weg,
ek is almal se kneg.

Daarom wil ek my onttrek,
van dit wat die vrees opwek...
Na my eie domein,
'n wêreld baie klein!

Friday, April 23, 2010

Gedig 49 - Vriendskap

Geluk word gevind,
in vriendskappe wat bind...
Met iemand wat jy kan vertel,
wat jou so kwel.

Iemand wat verstaan,
wat in jou binneste aangaan...
Wat jou gedagtes lees,
en deel daarvan wil wees.

Wat in jou oë kan sien,
wanneer jy troos verdien...
Sonder dat jy iets sê,
weet wat in jou gedagtes lê.

Wat saam met jou lag,
die hele dag...
Jou geluk wil deel,
met jou hartsnare speel.

Wat saam met jou huil,
en gedagtes verruil...
Ten volle van jou bewus,
weet hoekom jy hartseer is.

'n Weg gebaan,
om mekaar te vermaan...
Soms stil te bly,
om vrede te verkry.

Boodskappe deel,
wat nooit sal verveel...
Vir 'n antwoord wag,
wat jou hart versag.

Al is julle nie bymekaar,
'n band ervaar...
Dit wat julle deel,
kan niemand steel.

Tuesday, April 20, 2010

Gedig 48 - Vasgevang

Vanaand moet ek erken,
verlang ek na mense wat ek nie eens ken...
Die dae word net te lank,
ek ervaar net stank vir dank.

Dit voel of ek wil versmoor,
my siel word vermoor...
Ek word leeg getap,
en voel heeltemal pap.

Ek is net een mens,
deur my eie beperkinge begrens...
Alles nou te veel,
niks kan my meer skeel.

Wanneer is genoeg dan genoeg,
hoekom moet ek so swoeg?
Hoekom haal alles my dan in,
en maak niks meer sin?

Ek is op moedverloor se vlakte,
my hart voel soos een groot klagte...
Ek voel om nou te vlug,
uit hierdie lewens klug.

Die skip is besig om te sink,
ek gaan binnekort verdrink...
maar niemand sien dit raak,
almal besig met hulle eie saak.

Ek dink ek het verdwaal,
in die lewens-gemaal...
deur dryfsand omring,
wat my tot my einde bring.

Die lewens-verkeer,
is besig om my vas te keer...
Alles staan nou stil,
terwyl ek tyd verspil.

In 'n doolhof vasgevang,
my hart is bang...
Die eindpunt buite sig,
waar eindig my plig.

Iets sal nou moet gebeur,
ek is reeds in stukke geskeur...
Ek het beslis nie krag,
vir nog 'n dag!

IEMAND HELP TOG!!!

Monday, April 19, 2010

Gedig 47 - Sy Almag

Vandag kyk ek op in die lug,
en dink aan die arend se vlug...
Magtig tussen die voëls is hy,
terwyl hy daagliks hul aansien verkry.

Die uitspansel so groot,
stel die mensdom só bloot...
Ons is eintlik so klein,
dat dit voel of ons in die niet verdwyn.

Die wolke pak saam,
só asof hulle dit wil beaam...
'n kombers oor alles wil trek,
dat ons kan sien tot waar die heelal strek.

Die melkweg word bespied,
só asof dit antwoorde kan bied...
sodat hulle alles uit kan werk,
en die heelal kan beperk.

Dan soek hulle antwoorde in die verlede,
wat lig kan werp op die hede...
waar kom die mensdom vandaan,
dit wil hulle nou verstaan.

Die toekoms word voorspel,
geleerdes wil dit vertel...
asof hulle alles weet,
en môre in detail kan ontleed.

Nou is die vraag,
of hulle God sal behaag...
deur vir Hom te vertel,
en selfs die toekoms uit te spel.

Dit moet hulle vir seker weet,
Hy laat Sy almag nie meet...
en het lankal besluit,
hoe draai alles uit.

Die heelal is in Sy hand,
soos 'n paar korrels sand...
strooi Hy dit in die wind,
sal niemand dit ooit weer vind!

Sunday, April 18, 2010

Gedig 46 - 'n Plaas

Was jy al op 'n plaas,
weg van die stad se geraas?
Waar jy maar stil kan raak,
want niks anders maak dan saak?

Sien jy die hen,
wat jou hart met haar kuikens wen?
Wat rondskrop en vir hulle wys,
hoe hulle moet soek vir spys?

Wat van die vette vark,
wat wag vir sy rit na die mark?
Wat in die modder rol,
onbewus van sy lewens tol.

Sien jy skape vol wol,
wat in gelid na die kosbakke hol?
Eersdaags word hulle geskeer,
dan staan hulle sonder wol in wind en weer.

Dan is daar die perd,
so baie werd...
Want jy kan op hom ry,
en kyk hoe die ander diere wei.

Wat van die gans,
wat met sy wiggel-lyfie dans?
Netnou sal hy jou jaag,
as jy hom nie behaag.

Sien jy die koei,
wat daar staan en loei?
Haar oë skoon verwelk,
wanneer word sy dan gemelk?

Daar is nog baie meer,
waarby ons kan leer...
op 'n plaas te sien,
wat vermelding verdien.

Maar nou wil ek vir jou sê,
ons kan op ons aangesig lê...
Want deur Sy almag,
ontluik die plaas se prag.

Hy het dit vir ons gegee,
sê ek half verleë...
Dat ons as mens - gering,
ons hulde aan Hom kan bring.

Dat ons kan verstaan,
waar kom alles vandaan...
En ons oog op Hom kan rig,
sodat Hy ons lewenspad verlig!

Saturday, April 17, 2010

Gedig 45 - Mense-val

Is die mens nie maar soos 'n muis,
wat knus sit in sy huis?
Elke dag moet hy sy huis verlaat,
ook sy lewensmaat.

'n Nuwe dag van harde werk,
wat selfs sy tyd beperk...
om kos vir sy gesin te verkry,
en 'n lewensweg te berei.

In 'n beton-oerwoud verdwyn,
tot die son nie meer skyn...
sweet wat oor sy aangesig rol,
tot hy voel om weg te hol.

Vanaand deur die lewens gevaar,
tot by sy huis waar hy kan bedaar...
'n Maaltyd vir sy gesin,
al is dit ook hoe min!

Môre nog 'n dag,
nie weet wat wag...
dalk 'n val vir hom gestel,
waarvan niemand hom gaan vertel.

Wanneer hy die val betree,
onskuldig op sy mense-weë
en dit hom platslaan teen die vloer,
terwyl die val-meester hom beloer.

Vasgevang in die lewens-draaikolk,
wat die son bedek soos 'n donker wolk...
Soms 'n val só sterk,
dat hy hom nie daaruit los kan werk.

Wanneer hy hom onverpoosd vry wil maak,
tot hy besef dit is eintlik 'n onbegonne taak...
Dan met sy oog op die Opperwese,
bevryding verkry - ook van sy menslike vrese!

Gedig 44 - My hart

My hart is somtyds stil,
voel dan amper kil...
wanneer dinge my pla,
wat ek nie kan verdra.

My hart voel soms alleen,
en wonder dan waarheen...
selfs al is ek tussen mense,
met my eie bedekte wense.

My hart is somtyds bang,
wanneer angs my bevang...
die eise waarmee ek moet deel,
raak soms vir my te veel.

My hart is somtyds sag,
wanneer ek blydskap verwag...
dan sal jy my hoor lag,
die hele dag.

My hart is somtyds leeg,
wanneer alles só swaar weeg...
dan voel dit sommer hol,
soos 'n senuwee bol.

My hart voel somtyds swaar
wanneer ek dit gewaar...
mense só alleen,
met 'n gebrek aan aardse seën.

My hart voel somtyds groot,
by die ontvangs van 'n goeie woord...
dan kom weer die besef,
ek verdien geen ophef.

My hart voel somtyds skaam,
wanneer iemand dit beaam...
ons wat eintlik niks verdien,
word daagliks deur Hom voorsien.

My hart klop somtyds vinnig,
by die besef hier innig...
ons is maar net mens,
deur die ouderdom begrens.

Maar vandag is my hart só bly,
want jy is 'n vriend vir my...
wat by my sal staan,
deur elke weg gebaan!

Thursday, April 15, 2010

Gedig 43 - Liefde

Liefde is soos 'n rivierstroom,
langs 'n ou wilgerboom...
soms is dit stil,
soms het dit sy eie wil.

Liefde vertroos,
al is 'n hart hoe broos...
dit triomfeer oor kwaad,
en is eintlik die beste raad.

Liefde is soos die son,
wat elke dag weer skyn...
dit het die vermoë,
om te skyn uit sagte oë.

Liefde is soos sagte reën,
wat só seën...
wanneer dit oor jou loop,
breek dit skanse oop.

Liefde is soos 'n vuur,
wat vir jou lê en tuur...
die hitte daarvan lê en broei,
voor jy weet sal dit jou hart verskroei.

Liefde is soos 'n sagte wind,
wat oor jou waai...
dit sal jou nie verwaai,
of jou ooit verraai.

Liefde word soms uitgetart,
deur 'n stukkende hart...
maar dit sal oorwin,
want dit omvat lewens-sin!

Wednesday, April 14, 2010

Gedig 42 - Digters-profeet

Soms voel ek soos 'n profeet,
dit moet julle nou weet...
Al dink party dit is onsin,
maak dit in my hart wel sin.

Terwyl ek die donkerwolk voorspel,
is dit besig om op te wel...
Soms dink mense ek is siek,
met my woorde-mosaiek.

Vrede op die horison,
verdwyn saam met die son...
My hart was amper sag,
toe volg die volgende aanklag.

'n Kitaar met net een snaar,
dieselfde klanke word ervaar...
Niks het verander,
een dag net soos die ander.

Hoe moes ek nou weet,
weer wag dieselfde leed?
Ek kon dit eintlik voorspel,
en in woorde stel.

My gedagtes kom vanself,
sonder dat ek daarvoor delf...
Want ek is soos 'n digters-profeet,
wat vooruit van dinge weet!

Gedig 41 - Seer

Hoekom maak dit só seer,
wanneer 'n mens jou teen die aanslae probeer verweer?
Kom dit van die een wat naaste aan jou behoort te wees,
wat jou eintlik moet bystaan in siel en gees?
As mens 'n persoon vertrou,
sál dit jou hart later knou?
Hoe lank moet jy dit in jou binneste dra,
geen vrae daaroor vra?
Is dit beter om eerder stil te bly,
om geen teenstand te verkry?
Hou jy die horison dop,
kom 'n nuwe donderwolk op?
Moet jy 'n deurmat wees,
vergeet van jou gekrenkte gees?
Die oopgekrapte wond,
wanneer word dit weer gesond?
Is jy bereid om te wag,
vir nog 'n slag?
Hoekom is die mens se kennis só beperk,
dat ons nie alles self uit kan werk?
* * *
Ons vra die vrae,
want ons staan soms verslae...
Die aanslae van elke dag,
dreineer ons krag...
Ons grootste vriend,
benadeel ons soms onverdiend...
Ons het hom vertrou,
maar nou het hy verbrou...
teenstand maak só seer,
laat ons hart verweer...
Maar ons moet tog weet,
en ons verbintenis meet...
Die donkerwolk kom aangestorm,
maar word tog deur die son ontvorm...
Eerder deur Sy krag omgord,
as om vertrap te word...
As die sweersel uit 'n wond vloei,
sal dit weldra begin bloei...
Hoe skoner die wond,
hoe gouer gesond...
Op Hom moet ons wag,
vir nuwe krag...
Die antwoorde is voorwaar,
in Sy Woord bewaar...
Elke vers deur Hom berei,
sodat ons betyds die antwoorde kan verkry!

Saturday, April 10, 2010

Gedig 40 - Verroeste mens

Verwese staan hy daar,
reeds baie oud sowaar...
Verroes van buite,
dof die vensterruite...
Bekleedsel reeds verweer,
matte ook geskeur...
Nou staan hy in wind en weer,
niemand gebruik hom meer...
In 'n skrootwerf wag,
vir sy laaste dag...
Is dit nie ook maar soos 'n mens,
deur die ouderdom begrens?
Plooie en stukkende rowe,
dowwe glans in die oë...
Ingewande werk nie meer so goed,
reeds stukkend en dikwels bebloed...
Sit en wag in 'n aftreeoord,
geen besoek of goeie woord...
Deur familie verlaat,
niemand om mee te praat...
Met hierdie slegte voorkoms,
is dood die enigste uitkoms...
Eintlik die bedekte wens,
van elke verroeste mens!

Friday, April 9, 2010

Gedig 39 - Lig versus duisternis

Ek sit hier in my veldstoel alleen,
met die nag-geluide om my heen...
Die vuur knetter nou en dan,
terwyl die lig daarvan om my span...
Die koue wat die wintersnag bring,
word deur die hitte van die vuur verdring...
Skadus wat "lewe" in die vuur se lig,
beweeg verby my gesig...
Sterre flikker daar hoog,
om teen die donkerte te betoog...
Ek sit hier en dink,
en voel hoe my gedagtes wink...
Lig word deur duisternis beperk,
asof dit daarteen werk...
Het jy al die lig gesien,
of voel jy dat jy die donkerte verdien?
Meer helder as die vuur se lig,
sal die Meester se genade jou verlig...
Veel warmer as die vlam van 'n vuur,
die heenkome waarna 'n ongeredde tuur...
Die grens tussen lig en duisternis is só klein,
maak daarom seker jou hart is rein!

Gedig 38 - Troue

(Opgedra aan William en Nadia )
Wanneer twee mense trou,
staan die gaste in 'n tou...
Om hulle geluk toe te wens,
en voorspoed sonder grens...
Deur hulle liefdesband,
is hulle nou aan mekaar verpand...
Hulle is vir mekaar bedoel,
dit kon hulle lankal voel...
Nou gaan hulle samesyn begin,
deur dik en dun...
Probleme sal daar wees,
maar nou is hulle een in gees...
Teëspoed in die lewens-draaikolk,
sal nou verdwyn in hul liefdeswolk...
William en Nadia kry vandag hulle wens,
uit hul liefde word hulle een mens!

Thursday, April 8, 2010

Gedig 37 - Die vensters van my siel

Die stormweer loei daar buite,
tot teen my kamerruite...
Ek sit hier binne knus,
beswaarlik daarvan bewus...
Dit voel soos my eie lewensstorm,
is dit maar die norm?
Kyk jy deur my siel se vensters,
sal jy sien my binneste is maar vlenters...
Ek probeer vir jou sê,
wat in my binneste lê...
Want jy behoort te weet,
hoe om dit te meet...
Dis nie dat ek vir jou vra,
om my laste te dra...
Ek wil net hê jy moet verstaan,
wat hierbinne aangaan...
Begryp jy my digters-taal,
kan jy dinge uit my binneste haal...
Dit lê oop om te lees,
As jy deel daarvan wil wees...
Hoop nie ek sê te veel,
maar ek wou dit net met jou deel!

Wednesday, April 7, 2010

Gedig 36 - My woorde

My woorde,
is soos musiek akkoorde...
Soos 'n harp se strelende klank,
maar dit leef voort vir baie lank...
Dit ontbloot die kamers van my hart,
gedagtes wat my so tart...
In elke refrein,
soos 'n lig wat skyn...
Is daar verskuil,
dit wat my siel laat huil...
Vind jy iemand wat dit verstaan,
is dit soos 'n weg gebaan...
Dan sal dit maklik wees,
selfs om tussen die lyne te lees...
Ek wil jou graag nooi,
om my gedagtes to ontplooi...
Ek sê baie dankie,
vir elke klankie...
Wat my laat weet,
ek het iets beet...
My woorde is nie te koop,
want dit lê hier oop...
Vir elkeen wat wil lees,
om daarvan deel te wees!

Gedig 35 - Vraagtekens

Wonder jy ook soms,
oor die sons-opkoms?
Kyk jy na die sterre in die lug,
en wens jy kan daarheen vlug?
Probeer jy soms verstaan,
oor die aarde se wentelbaan?
Staan jy soms verstom,
wanneer die donker kom?
Hoe gou is 'n dag verby,
het jy ook gely?
Laat die gejaagdheid van die lewe,
jou ook somtyds bewe?
Die astrandheid van die mensdom,
laat dit jou kil en verstom?
Die onredelikheid van die "slim"mens,
laat dit jou op jou tande kners en jou lippe saampers?
Suig die mallemoes van gebeure in die dag,
jou leeg tot jy wakker lê - heel nag?
Is jy ook dikwels siek en sat,
en lus om die pad te vat?
Nie lus vir nog 'n dag,
is jy sonder krag?
Nogtans wag,
en wag?
Alleen?
Nuwe begin,
maak dit nou sin?
Mense - engele sang,
het dit jou vasgevang?
Diep in jou hart inbeweeg,
voel jy daarsonder heeltemal leeg?
Is jy nou gereed vir 'n nuwe dimensie,
wat sonder ophou kan groei soos hierdie versie?
Staan jy skielik stil,
soek Sy wil?
Wag jy,
???

Gedig 34 - Net een

Branders wat spoel,
water so koel...
In die see se mond,
swem die visse rond...
Diepe waters,
ongerepte kraters...
Strome wat trek,
onbeperk...
Vissersboot wat sink,
mense verdrink...
Gesinne langs die waters,
nou die see se haters...
Nou so alleen,
besig om te ween...
Só het die see oor my gespoel,
ek kan die koelte in my hart voel...
gespoel tot in my diepste wese,
deur die kraters van my bedekte vrese...
My eie boot voel asof dit wil sink,
ek is op die punt om te verdrink...
en roep uit na iemand wat kan hoor,
stel iets aan my voor...
my siel wil ween,
ek benodig 'n wonderwerk - NET EEN!

Tuesday, April 6, 2010

Gedig 33 - Onseker

Nog 'n nuwe dag,
einde van hierdie nag...
Herinneringe van dit wat was,
klou aan my gedagtes vas...
Gedagtes sonder sin,
hoe om dit te herwin...
Ek voel só verlore,
sonder die engele kore...
Dan net die wete,
miskien is dit vergete...
Wat moet ek doen,
om my te versoen?
Ou lewe terug,
soos 'n boemelaar onder 'n brug...
onder my papier-kombers verarm,
geen vuur wat my verwarm...
Geen plesier in die dag,
net gedagtes in die nag...
Nou moet ek maar net wag,
en kyk wat het Hy vir my in pag!

Gedig 32 - Roetine

Roetine nou oral,
maak my mal...
Waar jy gaan,
kom dit agter jou aan...
Eet 'n bordjie pap,
drink 'n glasie sap...
Oggend verkeer,
weer 'n keer...
Antwoord die foon,
dieselfde persoon...
Bedelaar sit en wag,
elke dag...
Tortelduif wat koer,
sit vir jou en loer...
Brood, melk en kaas,
anders kry jy raas...
Daagliks swoeg,
lewensmoeg...
Vroeg gegaap,
nou gaan slaap...
Nog 'n dag,
déjà vu - wag!

Monday, April 5, 2010

Gedig 31 - Mossie

Mossie kyk rond,
soek kos in die grond...
As geringste beskou,
net 'n voëltjie wat klou..
'n lewe te kort,
om te weet wat skort...
Tog het die Meester,
met hom begeester...
Beskryf in die Bybel se refrein,
al is hy so klein...
As ek myself ontleed,
sal ek miskien nou weet...
Dalk het die mossie 'n beter kans,
om hom teen Sy oordeel te verskans!

Gedig 30 - Geraamtes

Geraamtes in die kas,
hou 'n lewe vas...
As almal moet weet,
van al die leed...
Gebring oor homself,
te diep gedelf...
Wêreld se plesier,
het hom aangevuur...
Nou is hy skaam,
want hy dra dit saam...
Wat moet hy doen,
om weer te versoen...
Lê dit voor Hom,
wat weer op die wolke kom...
Hy het reeds betaal,
om die geraamtes uit te haal...
Al wat hy moet doen,
is om met Hom te versoen...
Dan word sy sondes weggewas,
en het hy weer 'n leë kas!

Gedig 29 - Wêreld se bril

Deur die wêreld se bril,
lyk alles só kil...
Die misdaad wat styg,
laat almal na hul asems hyg...
Die begrip van inflasie,
bring vrees vir elke nasie...
Almal se kommer,
maak die prentjie somber...
Soos die mense praat,
is daar geen raat...
Aardbewings kom,
mensdom verstom...
Alles verby,
wêreld wat ly...
Die Hemelse "oogarts" het nou,
'n nuwe bril vir jou...
Aan die kruishout het hy,
vir jou nuwe sig verkry...
As jy Hom vra,
sal Hy al jou sorge dra...
Deur jou nuwe bril,
sig van Sy volmaakte wil!

Gedig 28 - Skatkis

Diep in die see se maag,
lê 'n skeepswrak onder 'n sandlaag...
Soos 'n statkis van die natuur,
lê dit vir die mens en tuur...
Sal ons só diep die see invaar,
al weet ons dit is daar?
Of is ons te bang,
dat die gediertes ons gaan vang?
Uitdagings lê vir ons en wag,
soos die donkerte van die nag...
Soms is ons te bang,
dat voorspoed ons gaan vang...
Dit is tog Sy wil,
dat ons geen tyd verspil...
Soms kan ons aan dit raak,
maar dan wil ons te veel waak...
Die tyd is nou,
om te sien wat die nuwe dag inhou...
Die son begin te skyn,
om te verseker dat ons hoop nie kwyn...
Breek vandag die statkis oop,
voordat God se guns uitloop!

Gedig 27 - Reën

Sag val die reën,
begin van God se seën...
Tortelduif sit stil,
en aanskou Sy wil...
Terwyl ek deur die venster tuur,
geniet ek hierdie uur...
Alles lyk so groen,
teken van God se seisoen...
Rustigheid daal neer,
Sy almag word vereer...
Vir maande was dit droog,
het ons laat wonder wat Hy beoog...
Het ons die toets geslaag,
en Hom steeds behaag?
of het ons vergeet,
dat hy alles weet?
En Hom gehoon,
soos Petrus verloën...
Met die wete dat Hy vergeef,
kan ons in vrede leef...
Heer sal u my vandag seën,
met U vredes-reën?

Sunday, April 4, 2010

Gedig 26 - Gedagtes

Woorde in 'n mengelmoes,
wat my gedagtes verwoes...
Ek probeer dit keer,
dan kom dit weer...
Aanhou skryf,
om dit uit te dryf...
Al wat ek weet,
ek kan dit nie vergeet...
Middernag-uur,
lê vir my en tuur...
nou sit ek hier,
vir 'n uur of vier...
Liedere in my kop,
laat my hart wild klop...
Soos 'n muis in 'n val,
is ek deur woorde oorval...
Wat staan my te doen,
ek betree 'n nuwe seisoen...
Onseker na waar,
my booitjie gaan vaar...
Eintlik maak dit nie saak,
solank Hy oor my waak...
Ek benodig Sy krag,
vir my nuwe dag!

Gedig 25 - Kruispad

Ek sit hier in die kerk,
gereed vir God se werk...
Die diens het reeds begin,
niks maak nou meer sin...
Alles voel nou so dood,
selfs die voorsang tot die laaste noot...
Soos 'n vissersboot teen die rand,
vasgeval in die sand...
Is dit my Getsemane waarin ek my bevind?
die beklemming wat my hart sό bind...
Selfs die rituele raak nou meer,
die voorbeeld wat hulle by ander leer...
Soos 'n begrafnis voel dit nou,
niks wat my op kan bou...
Dan dink ek terug aan 'n paar dae gelede,
wens dit was die hede...
Drie geesvervulde vroue se sang,
het my hart vasgevang...
Liedere bly my by,
wat my gedagtes lei...
Die skille het van my oë afgeval,
my gedagtes maak my mal...
Dan die besef wat my nie verstom,
ek het by 'n kruispad gekom!