Wednesday, July 28, 2010

Gedig 66 - Jy

Hoor jy die voëltjies vanoggend sing,
die tortelduif wat sit en koer...
sal dit vir jou vreugde bring,
of sit jy dit met agterdog en beloer?

Wat sal dit dan kos,
om jou gelukkig te maak...
en van jou vrese te verlos,
jou diep aan te raak?

Hoekom wil jy trane stort,
op jou eie sit en huil...
sonder dat iets skort,
jou mond laat pruil?

Geluk lê en wag,
jy moet dit net optel...
die son bring 'n nuwe dag,
op God se bevel.

Betree die nuwe dag nou,
met jou hele wese...
sonder dat iets jou terughou,
vergeet van jou vrese.

Hy sal jou trane afdroog,
verskaf nuwe hoop...
plaas jou op 'n heuwel hoog,
as jy 'n pad saam met Hom loop!

1 comment:

  1. Oee,dis mooi!Ek dink die Here wil elke dag dit vir ons sê...maar ons kan partykeer so 'caught up' wees met d lewe se sorge i.p.v om te lag en die lewe te geniet!

    ReplyDelete