Wednesday, January 4, 2012

Gedig 101 - Jou Liefde


Jy het jou liefde uitgestort
nou is hy daarmee vort
'n stuk van jou hart is gesteel
hoe gaan die wonde ooit heel

Saam sou julle 'n toekoms bou
nou is jou hart gedompel in rou
soos die son agter 'n donker wolk
hoe moet 'n mens hierdie onreg vertolk

Wanneer gaan die wolk verdwyn
die son weer skyn
jou gemoed ophelder
jy die boot van onreg kelder

Weldrae 'n nuwe dag
weg die donker nag
'n toekoms wat wink
hartseer verlede verdrink

Ek sien jou huppel en lag
sonder enige weeklag
'n uitbundige mens
vreugde sonder grens

Jy - 'n sonskyn mens
met 'n besondere wens
van liefde en geluk
jy sal nog die vrugte pluk

Want God sal geen onreg duld
Hy vra net jou geduld
weldra sal jy Sy plan ken
uiteindelik sal jy deur liefde wen




1 comment:

  1. Goeie dag Gerhard ek wil net sĂȘ jou gedigte het vandag tot my hart gespreek ek hoop nie jy gee om nie maar ek het van dit gedeel op my Ester Vrouekampe blad op fb want ek glo ook aan "caring is sharing" so jammer as ek voor op die wa was maar jou gedigte is ongelooflik!!! Groete in Jesus. Lotitia Le Roux

    ReplyDelete