My brein is swanger
gedagtes besig om te broei
binne 'n droom-vanger
stadig besig om te groei
Soos selle wat saamgroepeer
saamgeflans tot 'n fetus
'n mengelmoes letters sorteer
gun my gedagtes geen rus
'n Saadjie in stilte geplant
wat onophoudelik groei
al my rus verpand
verwagting wat gloei
My brein is honger
'n fetus om te voed
gedagtes verwonder
woordestryd verwoed
'n Kind in wording
geboorte wat wag
'n gedig om voort te bring
uit gedagtes vermag
:) Goed gesĂȘ! Sjoe, hoeveel "embrios" is daar nie in my brein nie!! Ha,ha!
ReplyDeleteLol, ja - dis erg ne!
ReplyDelete