Wednesday, May 5, 2010

Gedig 56 - Nuwe week

Maandag,
begin van 'n nuwe week...
min weet ons wat wag,
miskien iets wat ons moed gaan breek.

Dinsdag,
die tweede dag van die week...
het nog heelwat krag,
niks sal my geesdrif breek.

Woensdag,
die voƫltjies sing...
en kinders lag,
vreugde wat vandag bring.

Donderdag,
laste nou meer...
reeds minder krag,
my rug buig neer.

Vrydag,
laaste werksdag van die week...
het nou nuwe krag,
wil nuwe hoop uitspreek.

Saterdag,
moet al weer werk...
sonder krag,
iets sal my moet versterk.

Sondag,
uiteindelik kan ek rus...
dan ontvang ek nuwe krag,
in Sy huis - net van Hom bewus!

1 comment:

  1. Baie nice..ja,kani wag vir Sondag!:-) Het so paar nuwe fotos op my blog. Laura xx

    ReplyDelete