Wednesday, May 12, 2010

Gedig 57 - Leeu in 'n hok

Sien jy die leeu in 'n hok,
wat deur die tralies tuur?
soms word hy geslaan met 'n stok,
terwyl hy smag na die natuur?

As niemand vir hom oopmaak,
moet hy maar uitbreek...
en terugvlug na die natuur - onbewaak,
want hy het genoeg gesmeek.

Ek was die leeu in 'n hok,
wat na buite loer...
gejaag deur die klok,
terwyl wanhoop my beloer.

Nou breek ek uit,
en vlug ver weg...
nou in 'n nuwe skuit,
om 'n nuwe toekoms te besleg!

1 comment:

  1. Ek dink baie mense kan met die gedig identifiseer. Dis pragtig in 'n neutedop saamgevat!!
    Melanie

    ReplyDelete