Friday, April 2, 2010

Gedig 17 - Chantelle

Op 'n naam is daar reeds besluit,
baie lank vooruit...
Al was sy nie beplan,
was sy die band om ons liefde gespan...
Verwagting in die vierde maand,
toe daardie vreeslike aand...
Bloeding was die teken,
van afgryse nie gereken...
Die gesiggie van haar,
sien ek nou daar...
Sy is reeds dood,
uit die moederskoot...
Liefde vir haar het reeds gegroei,
Nou net die hartseer wat broei...
Jare later steeds die gemis,
van 'n liefdeskind gewis...
Nou kan ek dit vertel,
Haar naam was Chantelle!

4 comments:

  1. This comment has been removed by the author.

    ReplyDelete
  2. This comment has been removed by the author.

    ReplyDelete
  3. geliefde naam

    vraagtekens was reeds daar...
    die letters dalk meer as net 'n mooi naam?
    vanwaar die liefde vir dié spesifieke een?
    gereelde herhaling het die raaisel begin

    nou die antwoord in versreëls ontbloot
    "sy is reeds dood, uit die moederskoot..."

    ReplyDelete