Saturday, April 17, 2010

Gedig 45 - Mense-val

Is die mens nie maar soos 'n muis,
wat knus sit in sy huis?
Elke dag moet hy sy huis verlaat,
ook sy lewensmaat.

'n Nuwe dag van harde werk,
wat selfs sy tyd beperk...
om kos vir sy gesin te verkry,
en 'n lewensweg te berei.

In 'n beton-oerwoud verdwyn,
tot die son nie meer skyn...
sweet wat oor sy aangesig rol,
tot hy voel om weg te hol.

Vanaand deur die lewens gevaar,
tot by sy huis waar hy kan bedaar...
'n Maaltyd vir sy gesin,
al is dit ook hoe min!

Môre nog 'n dag,
nie weet wat wag...
dalk 'n val vir hom gestel,
waarvan niemand hom gaan vertel.

Wanneer hy die val betree,
onskuldig op sy mense-weë
en dit hom platslaan teen die vloer,
terwyl die val-meester hom beloer.

Vasgevang in die lewens-draaikolk,
wat die son bedek soos 'n donker wolk...
Soms 'n val só sterk,
dat hy hom nie daaruit los kan werk.

Wanneer hy hom onverpoosd vry wil maak,
tot hy besef dit is eintlik 'n onbegonne taak...
Dan met sy oog op die Opperwese,
bevryding verkry - ook van sy menslike vrese!

2 comments:

  1. Goeie vergelyking..die lewe kan nogal n 'rat race' wees. Het self weer iets geblog..'n paar fotos ens.- as Oom wou kyk. Die fotos is nogal klein, maar as mens daarop click kan mens beter sien.

    ReplyDelete
  2. Ek voel deesdae nogal baie soos 'n muis - eintlik soos 'n rot! :-)

    ReplyDelete