Monday, April 19, 2010

Gedig 47 - Sy Almag

Vandag kyk ek op in die lug,
en dink aan die arend se vlug...
Magtig tussen die voëls is hy,
terwyl hy daagliks hul aansien verkry.

Die uitspansel so groot,
stel die mensdom só bloot...
Ons is eintlik so klein,
dat dit voel of ons in die niet verdwyn.

Die wolke pak saam,
só asof hulle dit wil beaam...
'n kombers oor alles wil trek,
dat ons kan sien tot waar die heelal strek.

Die melkweg word bespied,
só asof dit antwoorde kan bied...
sodat hulle alles uit kan werk,
en die heelal kan beperk.

Dan soek hulle antwoorde in die verlede,
wat lig kan werp op die hede...
waar kom die mensdom vandaan,
dit wil hulle nou verstaan.

Die toekoms word voorspel,
geleerdes wil dit vertel...
asof hulle alles weet,
en môre in detail kan ontleed.

Nou is die vraag,
of hulle God sal behaag...
deur vir Hom te vertel,
en selfs die toekoms uit te spel.

Dit moet hulle vir seker weet,
Hy laat Sy almag nie meet...
en het lankal besluit,
hoe draai alles uit.

Die heelal is in Sy hand,
soos 'n paar korrels sand...
strooi Hy dit in die wind,
sal niemand dit ooit weer vind!

2 comments:

  1. Baie goed gestel! Dis interessant hoe die mensdom altyd antwoorde probeer soek - behalwe waar dit werklik saak maak...by God.

    ReplyDelete
  2. Thanks Laura, Ek stel jou nie teleur nie nê - elke dag iets nuut :-)

    ReplyDelete