Saturday, April 17, 2010

Gedig 44 - My hart

My hart is somtyds stil,
voel dan amper kil...
wanneer dinge my pla,
wat ek nie kan verdra.

My hart voel soms alleen,
en wonder dan waarheen...
selfs al is ek tussen mense,
met my eie bedekte wense.

My hart is somtyds bang,
wanneer angs my bevang...
die eise waarmee ek moet deel,
raak soms vir my te veel.

My hart is somtyds sag,
wanneer ek blydskap verwag...
dan sal jy my hoor lag,
die hele dag.

My hart is somtyds leeg,
wanneer alles só swaar weeg...
dan voel dit sommer hol,
soos 'n senuwee bol.

My hart voel somtyds swaar
wanneer ek dit gewaar...
mense só alleen,
met 'n gebrek aan aardse seën.

My hart voel somtyds groot,
by die ontvangs van 'n goeie woord...
dan kom weer die besef,
ek verdien geen ophef.

My hart voel somtyds skaam,
wanneer iemand dit beaam...
ons wat eintlik niks verdien,
word daagliks deur Hom voorsien.

My hart klop somtyds vinnig,
by die besef hier innig...
ons is maar net mens,
deur die ouderdom begrens.

Maar vandag is my hart só bly,
want jy is 'n vriend vir my...
wat by my sal staan,
deur elke weg gebaan!

3 comments:

  1. Baie mooi!Dis seker hoekom die Bybel sê mens moet jou hart bewaar..

    ReplyDelete
  2. Dankie Laura, dit is altyd lekker om jou kommentaar te lees!

    ReplyDelete