Saturday, April 10, 2010

Gedig 40 - Verroeste mens

Verwese staan hy daar,
reeds baie oud sowaar...
Verroes van buite,
dof die vensterruite...
Bekleedsel reeds verweer,
matte ook geskeur...
Nou staan hy in wind en weer,
niemand gebruik hom meer...
In 'n skrootwerf wag,
vir sy laaste dag...
Is dit nie ook maar soos 'n mens,
deur die ouderdom begrens?
Plooie en stukkende rowe,
dowwe glans in die oë...
Ingewande werk nie meer so goed,
reeds stukkend en dikwels bebloed...
Sit en wag in 'n aftreeoord,
geen besoek of goeie woord...
Deur familie verlaat,
niemand om mee te praat...
Met hierdie slegte voorkoms,
is dood die enigste uitkoms...
Eintlik die bedekte wens,
van elke verroeste mens!

3 comments:

  1. Sjo, laat mens dink!!! Dis een van die dinge wat my die meeste aanraak...ou mensies wat ly. Ek onthou toe ek in Bosnie die een jaar was het ons in Sarajevo (die hoofstad) rondgeloop. In die ou deel van die stad is daar 'n mark met klomp stalletjies en baie mense (nogal 'n groot "tourist attraction"). Ek onthou hoe ons verby 'n ou tannietjie gestap het wat teen die muur gestaan en enkel rose verkoop het. Die mense het net so verby haar gestap...ek weet nie wat dit was, maar my hart het so gebreuk toe ek dit sien...dat sy op haar ou dag moet probeer om 'n paar rand in die hande te kry net om te oorleef. Het sy ooit 'n familie gehad? Was sy alleen? Was haar man en seuns in die oorlog vermoor? Sal nie weet, maar wens ek kon help...

    ReplyDelete
  2. Ek bedoel - Deur om te gee het jy klaar gehelp

    ReplyDelete