Wednesday, April 7, 2010

Gedig 35 - Vraagtekens

Wonder jy ook soms,
oor die sons-opkoms?
Kyk jy na die sterre in die lug,
en wens jy kan daarheen vlug?
Probeer jy soms verstaan,
oor die aarde se wentelbaan?
Staan jy soms verstom,
wanneer die donker kom?
Hoe gou is 'n dag verby,
het jy ook gely?
Laat die gejaagdheid van die lewe,
jou ook somtyds bewe?
Die astrandheid van die mensdom,
laat dit jou kil en verstom?
Die onredelikheid van die "slim"mens,
laat dit jou op jou tande kners en jou lippe saampers?
Suig die mallemoes van gebeure in die dag,
jou leeg tot jy wakker lê - heel nag?
Is jy ook dikwels siek en sat,
en lus om die pad te vat?
Nie lus vir nog 'n dag,
is jy sonder krag?
Nogtans wag,
en wag?
Alleen?
Nuwe begin,
maak dit nou sin?
Mense - engele sang,
het dit jou vasgevang?
Diep in jou hart inbeweeg,
voel jy daarsonder heeltemal leeg?
Is jy nou gereed vir 'n nuwe dimensie,
wat sonder ophou kan groei soos hierdie versie?
Staan jy skielik stil,
soek Sy wil?
Wag jy,
???

1 comment:

  1. Brilliant!!! Dis asof 'n mens jouself so inleef in die gedig...en dit maak dat jy net wil lees en lees en lees :-)Dit "capture" so goed 'n mens se gevoelens - life in the real world. Dankie tog vir die Here se genade elke nuwe dag!!!

    ReplyDelete