Thursday, April 15, 2010

Gedig 43 - Liefde

Liefde is soos 'n rivierstroom,
langs 'n ou wilgerboom...
soms is dit stil,
soms het dit sy eie wil.

Liefde vertroos,
al is 'n hart hoe broos...
dit triomfeer oor kwaad,
en is eintlik die beste raad.

Liefde is soos die son,
wat elke dag weer skyn...
dit het die vermoë,
om te skyn uit sagte oë.

Liefde is soos sagte reën,
wat só seën...
wanneer dit oor jou loop,
breek dit skanse oop.

Liefde is soos 'n vuur,
wat vir jou lê en tuur...
die hitte daarvan lê en broei,
voor jy weet sal dit jou hart verskroei.

Liefde is soos 'n sagte wind,
wat oor jou waai...
dit sal jou nie verwaai,
of jou ooit verraai.

Liefde word soms uitgetart,
deur 'n stukkende hart...
maar dit sal oorwin,
want dit omvat lewens-sin!

2 comments:

  1. Dis regtig mooi! :-) Mag ek dalk 'n paar van Oom se gedigte print?

    ReplyDelete
  2. Enige tyd - dit is eintlik vir my 'n kompliment!

    ReplyDelete