Friday, April 2, 2010

Gedig 18 - Dobbelaar

Lank verlore was hy,
deur die wêreld verlei...
Gedink hy het dit oorwin,
tot hy maar weer begin...
Weereens ingekatrol,
deur die balletjie wat rol...
Gaan sit by die tafel,
waar hy nou uitrafel...
Die wiel se omwenteling,
kan vinnige rykdom bring...
Kans vir ophou is nou min,
want die rande rol dan in...
Selfs al begin hy verloor,
word hy nog steeds bekoor...
Die opwinding raak meer,
al verloor hy weer...
Voordat hy hom kan kry,
is hy by omdraai verby...
Sy geld is nou op,
nou wil hy homself weer skop...
Wat gaan hy nou doen,
om hom met sy gesin te versoen...
Hulle sal weer vir hom wag,
selfs al verdwyn hy soos 'n dief in die nag...
Jare is verby,
geen bevryding verkry...
Sy lewe baie swaar,
hoe sal hy homself bewaar...
'n Verslaafde se weg,
is vir homself net sleg...
Uiteindelik het hy hom laat verban,
nou kan sy gesin ontspan...
Dobbelaar vir altyd,
daarom benodig hy wysheid...
As hy weer betrokke raak,
sal hy weer die lyding smaak!

No comments:

Post a Comment