Friday, April 23, 2010

Gedig 49 - Vriendskap

Geluk word gevind,
in vriendskappe wat bind...
Met iemand wat jy kan vertel,
wat jou so kwel.

Iemand wat verstaan,
wat in jou binneste aangaan...
Wat jou gedagtes lees,
en deel daarvan wil wees.

Wat in jou oë kan sien,
wanneer jy troos verdien...
Sonder dat jy iets sê,
weet wat in jou gedagtes lê.

Wat saam met jou lag,
die hele dag...
Jou geluk wil deel,
met jou hartsnare speel.

Wat saam met jou huil,
en gedagtes verruil...
Ten volle van jou bewus,
weet hoekom jy hartseer is.

'n Weg gebaan,
om mekaar te vermaan...
Soms stil te bly,
om vrede te verkry.

Boodskappe deel,
wat nooit sal verveel...
Vir 'n antwoord wag,
wat jou hart versag.

Al is julle nie bymekaar,
'n band ervaar...
Dit wat julle deel,
kan niemand steel.

3 comments:

  1. Hi gerhard ek weet dit is seker nou baie laat en ek gaan dalk nie betyds terug voering van jou kry nie. Ek gaan jou gedig vir n mondeling gebruik more miskien as ek gelukkig is oormore maar daar is glad nie baie inligting van jou op internet nie en as daar is soek ek op die verkere pleke. Ek sal graag meer van jou kan vertel en sal graag wil weet hoekom jy die gedig geskryf het? Dit is baie mooi en het soveel waar woorde in! Ek hoop jy sien die boodskap gou genoeg :)

    ReplyDelete