Wednesday, April 28, 2010

Gedig 53 - Aan jou verbind

Kan jy dit sien,
die liefde van 'n hond?
al het jy dit nie verdien,
hardloop sy om jou rond.

Kom jy by die hek,
sit sy vir jou en wag...
op haar eie plek,
geduldig die hele dag.

Opgewondenheid neem nou oor,
want die wag is verby...
sy blaf nou dat jy kan hoor,
dat sy haar in jou koms verbly.

Jou hart word nou sag,
as jy sien hoe sy tol...
en jy voel om te lag,
terwyl sy rond hol.

Haar dag is nou volmaak,
want jy is nou hier...
sy kan aan jou raak,
en jou tuiskoms vier.

Vir jou is sy soos 'n kind,
wat jy vas kan hou...
deur liefde verbind,
aan jou toevertrou.

Sy sal selfs verstaan,
wanneer sy jou stilte sien...
en jy haar vermaan,
wanneer sy eintlik liefde verdien.

In haar korte lewensduur,
is sy aan jou verbind...
want Hy het haar vir jou gestuur,
sodat jy vrede kan vind!

2 comments:

  1. Ou Ginatjie! :-) Het nou lekker gelag toe ek dink aan hoe sy so in die rondte tol as sy opgewonde raak!

    ReplyDelete
  2. Ja, sy moet nou omtrent haar hond staan om die hoof-hond te wees - met Bruno in die prentjie!

    ReplyDelete